Jong weesrenosters in natuur vrygelaat
Marietie Louw-Carstens
Vyf jaar nadat twee renosterwesies deur die Hoedspruit-sentrum vir bedreigde spesies in Limpopo gered is nadat hul ma's deur stropers vir hul horings doodgemaak is, is hulle vrygelaat om op hul eie in die natuur te leef.
Dit was 'n emosionele dag toe Gertjie en Matimba onlangs by die hekke van die sentrum uitgestap het. Dit is die eerste keer ooit dat renosterwesies suksesvol by dié sentrum gerehabiliteer en daarna vrygelaat is.
Janelle Genis, 'n veeartsassistent van ProVet-wilddienste, wat in 2014 veral by Gertjie se redding betrokke was, sê dit was 'n ongelooflike ervaring om te sien hoe hulle wegstap in die veld.
Netwerk24 het berig oor Gertjie wat in Mei 2014 nie van sy ma se gestroopte karkas wou weggaan nie. “Dit het geklink of hy huil,” het een van die mense wat op hom afgekom het, gesê.
Gertjie of “Little G” soos die Hoedspruit-sentrum se personeel na hom verwys, se hartseer verhaal is selfs op Good Morning America op die ABC-TV-kanaal uitgesaai. Verskeie Britse koerante het ook oor hom berig. Gertjie het later 'n skaap, Lammie, gekry om sy maatjie te wees.
Lammie het ook die rol van surrogaatma vir Gertjie en Matimba vervul.
Lente Roode, stigter en eienaar van die Hoedspruit-sentrum, sê Matimba was slegs 'n maand oud toe hy 'n paar maande ná Gertjie gered is.
MIN BESTAANDE RIGLYNE
Gertjie en Matimba is met bottels spesiale formulemelk grootgemaak en moes aan die begin elke drie ure gevoer word. Werkers by die sentrum het langs hulle geslaap. Toe hulle 18 maande oud word, het hulle gras en lusern begin vreet.
Om hulle teen stropers te beskerm wou die sentrum nie sê waar Gertjie en Matimba vrygelaat is nie.
Linri Janse van Rensburg, die sentrum se hoofkurator, sê die band tussen Gertjie en Matimba was van kleins af spontaan en “hulle is soos broers. Die een is nooit sonder die ander nie.
Matimba is beskermend en aggressief terwyl Gertjie rustiger is en 'n kalmerende effek op Matimba het.”
'n Teenstropingseenheid beskerm Gertjie en Matimba en daar is ook elektriese omheining waar hulle vrygelaat is.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie