Jong Warriors sal nou vroeu00ebr opdraf
Jong Warriors sal nou vroeu00ebr opdraf

Jong Warriors sal nou vroeër opdraf

Tielman vanlill
Die afskoptyd by die Sam Nujoma-stadion waar Namibië se onder 20-sokkerspan se kwalifiserende wedstryd teen Swaziland vir die 2017 CAF Afrika Nasiesbeker (in Zambië) vandag plaasvind, is tot 15:00 vervroeg.
Barry Rukoro, sekretaris-generaal van die Namibiese Sokkervereniging (NSV), het die besluit bevestig nadat vasgestel is dat dié stadion se spreiligte steeds lol.
“Die afskop sou aanvanklik om 16:00 gewees het, maar nadat ons verskeie faktore in ag geneem het, is besluit om veilig te speel en spel ’n uur vroeër te begin.
“Andersins gaan alles voort soos beplan was. Die seuns is opgewonde en klink positief vir die uitdaging wat voorlê. Swaziland het Woensdag in die hoofstad aangekom en sal ’n harde neut wees om te kraak. Ons span sal egter alles in die stryd werp om ’n oorwinning te bewerkstellig om tot die volgende rondte deur te dring,” het Rukoro verduidelik.
Pandeni Kandjabanga, die kaptein van die Jong Warriors, het sokkerliefhebbers aangemoedig hulle moet gaan ondersteun.
“Ons sien altyd ’n groot skare wanneer die Brave Warriors hier speel en ek wil daardie selfde mense vra om ons te kom aanspoor. Die toegang is gratis en ons almal sal dit geweldig waardeer as ons deur hulle gemotiveer kan word om beter te vaar.
“Die span het ’n lang pad gestap en al weet ons wat dit gaan verg, sal dit steeds lekker wees om voor ’n waarderende skare ons spelpeil te lig. Kom asseblief om 15:00 na die Sam Nujoma-stadion en ondersteun ons,” het die kaptein gevra.
Die Warriors het twee weke gelede gelykop teen Swaziland (2-2) in die wegwedstryd gespeel. Vandag het die Warriors die tuisvoordeel en die wenspan sal in die volgende rondte teen Suid-Afrika meeding.
Die span wat deur Gerhard Günter afgerig word is: Donovan Gainub, Vipua Tjimune, Kennedy Eib, Baloyi Tsandib, Johannes Kwedhi, Giovanni Nauseb, Katiti Hakuria, Pandeni Kandjabanga (kapt), Romeo Kasume, Jürgen van der Byl, Boni Paulino, Leonard Tuhafeni, Hiha Katjivena, Petrus Kamati, Ruhwal McLobo, Anthony Kham, Bertoni du Toit, Alli Klokoski, George Hummel, Venovineja Tjikundi.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Loading... Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Loading...