Jong Warriors probeer Mauritanië-span aantree
Die talentvolle groep het die hoë mikpunt gestel om volgende week hul plek na die Wêreldbeker oop te speel.
James Britz, hoofafrigter, sê sy Namibiese span het voelers uitgesteek vir 'n vriendskaplike botsing teen die gasheerland in die oorblywende dae voor die afskop van die Afrika Nasiebeker o.20-sokkertoernooi in Mauritanië.
Die Namibiërs het Sondagaand in die hoofstad Nouakchott aangekom, waar al drie hul groepwedstryde vanaf volgende week gespeel word.
Britz het by die eerste mediageleentheid gesê die Jong Warriors het dringend wedstrydtyd nodig voordat die ernstige deel van die toernooi begin.
Die afrigter sê dis 'n jammerte dat nie genoeg opwarmwedstryde kon plaasvind voordat die toergroep uit Namibië vertrek het nie. Om dié rede word gehoop om 'n afspraak teen Mauritanië se o.20-span gereël te kry.
“Ons is in afwagting op bevestiging ná ons versoek vir minstens een vriendskaplike wedstryd teen Mauritanië.
“In Namibië het ons vriendskaplike wedstryde teen die senior nasionale manspan gespeel, maar dit het nie genoeg wedstrydtyd gebied om ons jongmanne voldoende voor te berei nie.
“Die aanvanklike plan was om vooraf vier tot ses opwarmwedstryde te speel, maar weens die maatreëls teen die coronavirus en ander onvoorsiene omstandighede moet ons nou maar met hoogstens drie tevrede wees,” het Britz gesê.
Volgens hom is die gees in die groep een van opgewondenheid.
Die nuwe spelers het goed by die res ingeskakel en almal is hier vir 'n gemeenskaplike doelwit, naamlik om teen alle verwagtinge in vir die halfeindronde te kwalifiseer.
HOë AMBISIE
'n Plek in die semifinaal sal inderdaad merkwaardige geskiedenis maak vir Namibië, wat sy debuut in die junior kontinentale skouspel maak.
Boonop kan dit die pad vir die Jong Warriors open om tot die volgende o.20-Wêreldbeker deur te dring.
Die Namibiërs het tot hier gevorder deurdat hulle in Desembermaand in Port Elizabeth die eindstryd van die Cosafa-streektoernooi gehaal het, waar hulle met 0-1 deur Mosambiek geklop is.
Die Namibiërs se opponente in groep B word almal as hardnekkige spanne bestempel. Hul openingswedstryd is komende Maandag teen die Sentraal-Afrikaanse Republiek, voordat hulle drie dae later teen Tunisië opgeweeg word. Hul laaste groepwedstryd is op 21 Februarie teen Burkina Faso.
Net die topspan uit elk van die drie groepe, asook die beste van die tweede geplaaste spanne, dring deur na die halfeindronde.
Britz se toergroep bestaan uit die volle 29 spelers wat hy laas Donderdag aangekondig het, nadat die Namibiese Sokkervereniging ná die ontvangs van hul Covid-toetsuitslae daarin geslaag het om almal te akkommodeer.
– Nampa, NFA.org.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie