Jong Warriors lek lippe af vir Botswana
Die o.20's streef om tot die kontinentale toernooi in 2019 deur te dring.
Ná 'n doellose uitslag vir die Namibiese jongspan laas naweek, smee afrigter Gerald Güther sy planne vir 'n oorwinning wanneer Botswana later dié maand vir die herontmoeting na Windhoek kom in die eerste kwalifiserende ronde vir die 2019 CAF onder 20 Afrika Nasiebekertoernooi.
Die Konfederasie van Afrika-sokker (CAF) het Namibië teen sy buurland Botswana geloot in die eerste ronde na Niger 2019 en die eerste wedstryd is Saterdag in Gaborone afgehandel.
Volgens die Jong Warriors se afrigter Güther, het die jongspan hulle deeglik laat geld en het eintlik verdien om te wen.
“Ons het twee weke oor om vir die herontmoeting in Windhoek voor te berei. Ons het met tye baie goed verdedig en het in die eerste helfte twee goeie doelkanse geskep. Daar is egter ook heelwat om aan te werk, want ons het hulle so byna twee doele pasella gegee.”
Güther sê hy het nooit getwyfel dat sy span sal deurdring nie en hulle is nou op die drumpel.
“Botswana se wedstrydplan was duidelik om met lang skoppe vorentoe aan te val en fisiek te oorheers. Ons het dit oorleef en kan nou ons planne vir die tweede wedstryd smee.
“Ons het 'n paar uitstekende spelers in dié span. Hulle begin nou beter harmoniseer en dis 'n goeie teken. Timo (Tjongarero) en Jakes (Amaning) het goeie werk gedoen terwyl ek nie daar was nie en die spelers aan wie blootstelling in die Brave Warriors se wedstryd teen Lesotho gegee is, het hul man gestaan.”
Die tweede Botswana-wedstryd sal op die naweek van 20 tot 22 April plaasvind. Die wenner vorder om in Meimaand teen Kongo opgeweeg te word, met die volgende ronde in Julie teen óf Senegal óf Egipte. In die 2019 Afrika-toernooi in Niger sal die vier semifinaliste ook tot die 2019 Fifa Onder 20 Wêreldbeker deurdring. – NFA.org.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie