Jong vrou beskuldig van moord

13 September 2020 | Misdaad
’n 26-jarige vrou is in hegtenis geneem in verband met die moord op ’n familielid se kêrel ná sy hom glo met ’n mes doodgesteek het.


Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die voorval Saterdag omstreeks 22:00 in die Nai-Aib- informele nedersetting op Okahandja plaasgevind.


Die verdagte was na bewering besig om aartappels te skil toe die familielid en haar kêrel begin stry het. Sy het glo die bakleiery probeer uitmekaarmaak toe die man haar slaan. Sy het hom glo daarna met die mes, waarmee sy besig was om aartappels te skil, doodgesteek. Die oorledene is mnr. Gerhard Ganuseb (32). Die polisieondersoek duur voort.

Verdagte op vlug
’n 30-jarige man is Saterdag omstreeks 23:40 in die Havana- informele nedersetting in Wanaheda vermoor. Mnr. Erasmus Mukwiilongo is glo verskeie kere met ’n mes gesteek ná ’n bakleiery tussen hom en die verdagte uitgebreek het.

“Die 36-jarige verdagte het gevlug en is nog nie in hegtenis geneem nie,” lui die verslag.

Sekuriteitswag skiet glo man
’n Sekuriteitswag het na bewering ’n man met ’n 9 mm-pistool doodgeskiet. Hy is glo opslag dood.

Die voorval het Saterdag omstreeks 00:46 by die King Filling-stasie by die Olumbongo- informele nedersetting op Onayena plaasgevind. Die verdagte is in hegtenis geneem.

Poging tot moord
’n 27-jarige man is glo Sondagaand by die Oshuungu- informele nedersetting op Oshikuku in die Omusatistreek met ’n mes in die regter oog gesteek.

“Die man het ernstige beserings opgedoen. Die motief is steeds onduidelik. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” lui die verslag.

Soortgelyk

 

Net 19 nuwe Covid-19-gevalle

4 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê uit 967 weefselmonsters wat getoets is, het 19 positief vir Covid-19 getoets. Hiervan is...

Min kans vir vlieg na SA

19 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Hoewel Suid-Afrika Donderdag sy grense vir besoekers uit goedgekeurde lande, waaronder Namibië, heropen, moet Namibiërs vir eers verlief neem met die feit...

Remaining powerful through education

19 ure gelede | Mense

Ester Kamati With a key interest in space science and the history of science, watching videos on these topics is Hosea Hashili’s favourite pastime. Hasili...

Weer, Dinsdag 29 September 2020

19 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm, maar baie warm in die Noorde. Enkele wolke sal na verwagting oor die Zambezistreek voorkom.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Vroeggebore tweeling sterk goed aan

19 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Twee maande nadat hulle te vroeg op 27 weke in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek gebore is, kan die ouers...

Nuwe Fenata-voorsitter vanuit ontluikende toerismebedryf

19 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Geskiedenis is gemaak toe die nuwe voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, vir die eerste keer uit die geledere...

Onopgeloste verdwynings, moorde stapel op

19 ure gelede | Misdaad

Ellanie Smit – Terwyl die familie van die 22-jarige me. Shannon Darlikie Wasserfall met die trauma van haar verdwyning ses maande gelede worstel, dreig die...

One ­Africa TV ­partners with NMH

19 ure gelede | Onderwys

Distributed through Namibia Media Holdings' (NMH) youth brand, My Zone, the newly added grade zero to seven lessons form part of a ­collaboration with the...

A look at National Readathon, Heritage Week

19 ure gelede | Onderwys

Enzo AmueleThe National Readathon and Heritage Week, which were launched by the minister of education, arts and culture Ester Nghipondoka, took place last week.The Readathon...