Jong vegters kook in die Kaap
Jong vegters kook in die Kaap

Jong vegters kook in die Kaap

Gevegsport
Vegters uit Namibië het sterk presteer by die Abu Dhabi Afrika kontinentale Pro jiu-jitsu kampioenskap wat die afgelope Saterdag en Sondag in Kaapstad afgehandel is.

Dié byeenkoms vorm deel van 'n wêreldwye kwalifiserende reeks in die gevegsport jiu-jitsu.

Ses Namibiërs was vir die nasionale span gekies en die span keer terug met die volgende medaljes:

Giano Alcock – goud, seuns witgordel, 37 kg

Delano Müller – goud, mans blougordel, 66 kg

Stefan Zerbe – silwer, seuns witgordel, 38 kg

Yusuf Abader – silwer, seuns witgordel, 72 kg

Raymundo Bowe – brons, seuns witgordel, 38 kg

Spanbeamptes is baie tevrede met hierdie uitslae in die kampioenskap waaraan vegters van nege ander lande deelgeneem het, naamlik Suid-Afrika, Angola, Brasilië, Frankryk, Switserland, DR Kongo, Zimbabwe, Rusland en Brittanje.

Die kompetisie was goed georganiseer en van 'n baie hoë standaard.

'n Hoogtepunt was dat Delano Müller, wat met een gewigsklas opgeskuif het, sy geveg teen Nabeel Varachia binne een minuut 02 sekondes gewen het toe laasgenoemde tot oorgawe gedwing is.

In die kwalifiserende reeks is Müller tans onoorwonne ná vyf oorwinnings met oorgawe en een met punte. Hy is ook genooi om in April aan 'n toernooi in Abu Dhabi te gaan deelneem.

Die volgende groot kampioenskap in jiu-jitsu is in Desember vanjaar.

Kommentaar

Republikein 2025-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer