Jong ruiters presteer
Aan die begin van die jaar het die Outjo Reitklub begin om vertoonspring en dressage aan ruiters op die dorp te leer en in dié paar maande het die klub se leerlingtal tot 18 gestyg wat met 14 perde oefen.
Intussen is die klub besig om as ’n lid van die Namibiese Ruiterfederasie (NAMEF) te registreer.
Die klub se afrigter, mnr. Jan de Villiers, beskik oor ’n sertifikaat van die Suid-Afrikaanse Terapeutiese Perdryvereniging (SATRA) sowel as ’n afrigtersertifikaat van die Internasionale Ruiterfederasie (FEI).
Hy lei die jong ruiters op en bied vertoonspringlesse en dressageklasse sowel as terapeutiese klasse vir kinders met onder meer aandagsgebreksindroom.
Die klub se leerlinge het onlangs aan hul eerste ruiterskou op Otjiwarongo deelgeneem en baie goed gevaar in elke dissipline waaraan hulle deelgeneem het.
“Ek is ongelooflik trots op die kinders. Dit was hulle eerste deelname aan ’n skou en hulle het uitstekend gevaar,” het De Villiers gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie