Jong man produseer, skryf en maak musiek
Kana Boy het sover reeds agt albums agter sy naam.
Nampolo Angula – “Ek het elke oggend met oorfone werk toe gegaan. Een van die eerste liedjies van 'n Namibiese kunstenaar waarna ek geluister het, was The Dogg se 'Hehe'. Ek het gedink as hy gewilde musiek kan maak, kan ek ook,” sê Werner Kannana (23), beter bekend as Kana Boy.
Dié Namibiese musikant het in 2009 die eerste van sy agt albums vrygestel. Vandag is hy ook 'n kranige sakeman en eienaar van 5297 Music Production en CD & DVD Manufacture.
Kana Boy is in die Onamungondji-nedersetting tussen Eenhana en Okongo gebore. Sy familie se lewe was nie maklik nie. Sy ma was werkloos en sy pa het die familie met 'n klein boerdery onderhou.
Sy skoolloopbaan het hy by die Primêre Skool Ohauwango begin.
“Ek het 'n vliegtuig uit takke van die manghetti-boom gemaak. Ek het besluit om dié boom te gebruik omdat die hout baie lig word wanneer dit droog is. Ek het 'n motor aan die voorkant en die agterkant vasgemaak en 'n televisiestel se afstandbeheerder gebruik om dit vorentoe en agtertoe te beweeg. Ek was die enigste leerling wat dit kon regkry,” het hy gesê.
In 2000 is sy pa oorlede en die familie van ses kinders se lewe is ontwrig.
“Soms dwing die lewe jou uit jou gemaksone. Ons was nie finansieel welaf nie. Ons het aan die lewe gebly deur met die boerdery aan te gaan en van geld wat my ouer broer in Windhoek vir ons gestuur het.”
Kana Boy moes om persoonlike redes Windhoek toe trek.
“Dit was van my donkerste tye in my lewe. Ek het gehoop beide my ouers sal nog lewe om te sien wanneer ek 'n sukses van my lewe maak. Ek moes harder en langer ure werk sodat ek 'n verskil in my familie se lewe kon maak.”
Hy het nie lank in Windhoek gebly nie en het Rehoboth toe getrek om sy skoolloopbaan te voltooi.
“Te danke aan my broer Lukas Kaviva was ek nie alleen nie. Hy was my skuiling en my beskermer.
“Ná skool het ek by TransNamib in die ingenieurs-afdeling begin werk. Ek was die jongste in die afdeling en het begin om met my oorfone werk toe te gaan. Ek was bang ek moet gesprekke met die ouer mans voer.”
Dit was gedurende dié tyd dat hy The Dogg se lied “Hehe” gehoor en na die Namibiese kunstenaar en vervaardiger Pedrito uitgereik het.
KEERPUNT
“Jy kry baie vervaardigers wat geldwolwe is en baie keer faal om 'n nuwe kunstenaar se talent raak te sien. Pedrito is anders en die eerste keer wat ons ontmoet het, het hy met my gesels asof ek sy bloedbroer is. Ek het so welkom gevoel.”
In 2009 het hy sy eerste album Omuganji gomayele koshigwana met tien liedjies uitgereik.
“Dit was 'n ongelooflike ervaring. Die liedjies was nie net goeie vermaak nie, maar hulle het sin gemaak omdat hulle vanuit die lewe self gemotiveer was.”
Kana Boy het 'n musiekvideo “If I was president” op YouTube gelaai. Die onafhanklike presidensiële kandidaat, dr. Panduleni Itula, het die video gesien en vir Kana Boy gevra om 'n liedjie vir die presidensiële verkiesings in 2019 te skryf. Die lied wat hy opgeneem het, was “Namibia is all we have, Itula save it save it”.
In 2020 het hy in samewerking met verskeie kunstenaars die album Dr Itula vir die streekraad- en plaaslike verkiesings opgeneem.
In Desember het hy die album Ondje Mohema (Skerpioen in die hemp) met 21 liedjies vrygestel. Op die album is ook liedjies van agt ander Namibiese kunstenaars.
Sy oudste dogter, Tresia (12), sing ook op die album. Kana Boy het vir haar die liedjie “Ushimba womandini” geskryf.
Die liedjie gaan oor sommige mense wat vanaf die Noorde na Windhoek trek vir werk en dan hul salarisse uitdrink, terwyl diegene wat agterbly met die harde werk opgeskeep sit. Hy het haar gekies om die liedjie te sing, omdat dit vol van Oshiwambo-betekenisse en -spreekwoorde is.
“Namibiërs moet meer in die Namibiese musiekbedryf belang stel en daarin belê. Ons moet almal hande vat en mekaar ondersteun, veral nuwe kunstenaars. Kom ons hou op om mekaar vir alles te blameer en laat ons eienaarskap neem.
“My boodskap aan ander kunstenaars wat in die musiekbedryf belang stel, is om hard te werk en dit nie net vir die geld te doen nie. Jy moet passievol wees en dan sal die geld later volg, veral as jy die werk doen.”
Kana Boy se albums is in musiekwinkels in Namibië beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie