Jong ma radeloos wat baba weggooi

Die afwesige pa het haar lewe bedreig, is deel van die sukkelende verduideliking waarmee die werklose ma in ’n emosionele onderhoud vorendag kom.
Tuyeimo Haidula op Omauni

Vir agt ure het Hilja Haikondo aan die slaap probeer raak terwyl haar baba van nege maande oud in ’n putlatrine buite haar familie se huis gelê het.

Haikondo het na bewering op 28 September haar babadogtertjie in ’n gat buite die huis op Omauni, sowat 70 kilometer van Okongo in die Ohangwenastreek gegooi.

Die baba is egter gered en deur die ministerie in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede in die sorg van ’n maatskaplike werker gelaat. Haikondo is van poging tot moord aangekla, maar is met ’n waarskuwing vrygelaat omdat die polisieselle van Okongo vol was.

Haar volgende hofdatum is op 18 Januarie en sy is bestem om in hegtenis geneem te word sodra daar plek in die tronkselle is.

Toe die koerant daar aankom, is daar niemand tuis nie. Haikondo woon saam met haar ma (53), maar dit lyk nie asof iemand in die huis sonder gordyne woon nie.

In die erf lê die afgebreekte boustukke van die verwoeste putlatrine.

Speuroffisier Israel Hangula van die Omauni polisiekantoor neem my om Haikondo te gaan ontmoet by die cucawinkel “waar sy so gereeld uithang”.

Ons gaan sit om te gesels. Ek verduidelik ek is daar na aanleiding van die polisieverslag. Sy stem in en sê sy het nie ’n beswaar om oor die insident te praat nie.

Hangula sê dit was die tweede keer dat sy haar dogtertjie weggegooi het, maar sy ontken dit.

Die verslaggewer het oorweeg om Haikondo nie te identifiseer nie, maar sy gee toestemming en sê ons kan haar foto ook publiseer.

Die 22-jarige kan nie die redes vir haar optrede aan my verwoord nie, maar ek dring daarop aan en redeneer met haar. Die gesprek verloop bra aardig.

Haikondo sê dit was net voor 22:00 toe sy van die cucawinkel af terugkom en vind die huis is gesluit. Haar ma is weg met die sleutel, dus moes sy en die kind buite sit en wag.

Ek vra hoekom sy die baba weggegooi het. Lang stilte. Ek vra weer: “Wou jy haar doodmaak?”

Stotterend blaker sy uit: “Ek weet nie. Ek weet eerlikwaar nie. Ek dink ek was vervul met woede.” Sy lyk geïrriteerd asof ek haar veroordeel.

“Ek het daai dag nie geweet wat ek doen nie; ek het kop verloor. Ek was gestres, want ek is kort tevore deur haar pa gebel wat gedreig het om my dood te maak, kop af te sny terug te gaan Angola toe.

“Later in die nag het ek spyt gekry toe die baba begin huil, maar daar was so min wat ek kon doen. Ek het minstens twee keer opgestaan en ek kon hoor sy lewe nog.”

SWANGER AS TIENER

Haikondo vertel sy is in Onane, ’n nedersetting in Okongo-kiesafdeling van Ohangwena gebore. Sy het tot op twee jaar ’n voog gehad van wie sy met goeie herinneringe praat. Sy het in sy huis gewoon totdat sy in Augustus 2014 die skool verlaat het toe sy die eerste keer swanger geraak het. Sy was in graad 10 in Engela Junior Sekondêre Skool.

Haar liefdesverhouding met haar tweede kind was “een groot dilemma” wat opnuut die koers van haar lewe verander het, want dié keer was daar nie steun van ’n lewensmaat nie.

Haikondo sê haar baba se pa woon op Okahandja. Hy is weg uit die nedersetting toe sy swanger geraak het en het haar nooit weer besoek nie.

Haar eersteling, nou vyf jaar, woon by ’n familielid. Sy sê sy het geen inkomste om na die kind te kan omsien nie. Sy praat oor hoe haar toekoms en haar kind s’n donker lyk, soos die wolke voor ’n swaar reënbui.

Haikondo sê in die laaste 18 maande het sy in rampsalige armoede deurgebring. Sy en haar ma is beide werkloos en afhanklik van aalmoese en die regering se droogtehulp-kosskenkings.

Op sommige dae was sy ander mense se klere om geld te verdien. In die Omauni-omgewing sukkel die gemeenskap met toegang tot veilige skoon water en boorgate onderhou mens en dier. Armoede en veragtering is tweede natuur hier.

Speuroffisier Hangula stem saam met my eie waarneming, dat jongmense hier nie skool toe gaan nie. Talle hou op skoolgaan en drentel by die cucawinkels rond.

“Help my asseblief,” pleit Haikondo, met haar hande in gebed bymekaar. Teen dié tyd loop die trane oor haar wange.

“As ek werk kan kry, kan ek my baba terugkry en na haar omsien. Ek het berading nodig, want ek kan eerlikwaar nie verstaan of verklaar hoekom ek dit gedoen het nie.”

• Afwesige vaders is algemeen in Namibië. Volgens die 2016-verslag van die Namibiese Statistiekagenskap het die land sowat 204 162 wees- en kwesbare kinders van wie die meeste op hulself aangewese is. Uit dié getal het 137 309 onderhoudstoelae ontvang.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.52 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.85 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.38/OZ UP +0.72% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.88% | Zinc US$ 2 893.10/T UP 1.36% | Brent Crude Oil US$ 89.30/BBP UP +0.46% | Platinum US$ 913.87/OZ DOWN -0.0022 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.52 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.85 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.38/OZ UP +0.72% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.88% | Zinc US$ 2 893.10/T UP 1.36% | Brent Crude Oil US$ 89.30/BBP UP +0.46% | Platinum US$ 913.87/OZ DOWN -0.0022