Jong flank in steroïdeskok
Die Namibiese onder 20-flank Cameron McNab is van Wêreldrugby se huidige toernooi in Zimbabwe huis toe gestuur in afwagting op ’n ondersoek nadat sy positiewe uitslag van ’n toets vir verbode middels bekend gemaak is.
Die Namibië Rugby-unie het dié verwikkeling gister in ’n mediaverklaring bevestig sonder om die speler se naam te noem.
Luidens die NRU se verklaring is die betrokke toets reeds voor die span se vertrek (5 April) as deel van die Wêreldrugby-toernooi se buitekompetisie toetsprogram uitgevoer.
“Urinemonsters is ingevolge die internasionale standaarde na ’n laboratorium met akkreditasie van Wada (die wêreldbeheerliggaam teen verbode middels in sport) gestuur, waar die teenwoordigheid van twee verbode middels bevind is, naamlik dehidrochlorometieltestosteroon en ‘methandienone’,” sê die NRU in sy verklaring.
Beide die genoemde middels is as anaboliese steroïdes op Wada se verbode lys vir 2016 geklassifiseer.
Omdat die speler volgens Wêreldrugby se rekords nie ’n skriftelike vrywaring vir terapeutiese gebruik het nie, word hy van die oortreding van regulasie 21.2.1 beskuldig.
Hoewel die speler geen vorige opkikkeroortreding op sy rekord het nie, word hy verbied van enige betrokkenheid by rugby-aktiwiteite totdat die saak afgehandel is.
Verdere ondersoek sal volg en dissiplinê optrede sal deur die NRU gedoen word afhangend van die bevindings.
“Die NRU beskou oortredings met verbode middels in ’n ernstige lig en tree voortdurend op om sy beleid van geen verdraagsaamheid met gereelde opleiding aan die spelers oor te dra.”
McNab was in sy tweede jaar as nasionale o.20-speler. Hy is die afgelope week in twee wedstryde teen die VSA en Spanje as slot sterk spel gelewer. Voordat hy hom vanjaar by Unam-rugbyklub aangesluit het, het hy ook klubrugby in KwaZulu-Natal by Durban Northwood Crusaders gespeel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie