• Tuisblad
  • Sport
  • Jong Filippyner kan hoë ‘Hekkie’ vir Budler wees
Jong Filippyner kan hou00eb u2018Hekkieu2019 vir Budler wees
Jong Filippyner kan hou00eb u2018Hekkieu2019 vir Budler wees

Jong Filippyner kan hoë ‘Hekkie’ vir Budler wees

Boks
Tielman van Lill
Michael Green – Hekkie Budler hoef nie bekommerd te wees dat sy teenstander vir die naweek se geveg ook koue voete gaan kry nie.

Jonathan Almacen(21) van die Filippyne is in die land en is reg om die “Hexecutioner” behoorlik te toets. Dié twee ligvlieggewigte pak mekaar môreaand in die Booysens-gimnasium in Johannesburg.

Budler, ’n voormalige wêreldkampioen, sou al ’n paar maande gelede sy terugkeer na die kryt gemaak het, maar sy teenstanders het op die laaste nippertjie kop uitgetrek. Almacen is egter ’n honger vegter en gaan nie sommer hardloop nie.

Hoewel die Filippyner veel minder gevegte as Budler agter die blad het, weet hy hoe om appels te swaai. Almacen het sover sewe van sy gevegte in die beroepskryt gewen. Hy het nog drie verloor en twee het gelykop geëindig.

Budler, wat Dinsdag 32 jaar oud geword het, mik na nog ’n wêreldtitelgeveg en durf nie teen die jongeling vasval nie. Een van Budler se vorige teenstanders Joey Canoy is ook in Suid-Afrika.

Canoy boks vanaand in Oos-Londen se Internasionale Konferensiesentrum teen Nhlanhla Tyirha. Dit is Canoy se vierde besoek aan die land en die Filippyner sal duimvashou dat hy hierdie keer aan die wenkant sal wees.

Hy het al voorheen teen Budler en Nkosinathi Joyi verloor, met nog ’n geveg teen Simpiwe Konkco wat geen uitslag opgelewer het nie. Canoy en Konkco het vroeg in hul geveg in 2018 in die Orient-arena in Oos-Londen per ongeluk koppe gestamp en Konkco het ’n groot sny opgedoen en kon nie verder baklei nie.

– Netwerk24



FOTO
Hekkie Budler en Joey Canoy in 2017 in hul geveg in Kempton Park. Budler boks Saterdag in Johannesburg teen Jonathan Almacen en Canoy kom Vrydag in Oos-Londen teen Nhlanhla Tyirha te staan. Foto Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-12-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer