Jong Connor in semifinaal uit
Tennis
Andrew Poolman - Ongedwonge foute in 'n senuagtige eerste stel het gister klaargespeel met Connor van Schalkwyk se kans om die eindstryd van die Internasionale Tennisfederasie (ITF) se Suidelike Afrika o.16-streektoernooi in Windhoek te haal.
As die enigste oorblywende Namibiër in die kompetisie het hy hom gister in die semifinaal teen die tweede gekeurde Suid-Afrikaner, Carl Roothman, vasgeloop.
Van Schalkwyk, wat maar eers in November 14 jaar oud geword het en dus van die o.14- na die o.16-ouderdomsgroep opgeskuif het, het in die eerste stel met 5-0 agter geraak voordat hy dit met 6-1 verloor het.
In die tweede stel het hy egter sy ritme gevind en gewys waartoe hy in staat in toe hy die telling met 6-6 gelykop gemaak het, voordat sy meer ervare opponent die valbylpot met 7-2 beklink het.
Roothman, die RSA se topgekeurde o.16-speler, kom vanoggend teen die toernooi se eerste gekeurde Toky Ranaivo van Madagaskar te staan.
Van Schalkwyk speel vandag uit vir die derde plek teen Connor Kruger van Suid-Afrika, die ander verslane semifinalis.
Van Schalkwyk, wat 2018 as die topgekeurde o.14-speler op die vasteland afgesluit het, se aanspraak in die dubbelspel saam met sy landgenoot George Louw is ook gister beëindig. Hulle het met 3-6, 6-3, 3-10 teen Zimbabwe se Ethan Sibanda en Taona Mhwangadavara verloor.
Die enkelspel-eindstryde word vanoggend soos volg by die Sentraal-bane in Olympia gespeel:
Seuns onder 14: Denzel Seetso (1, Botswana) teen Benedict Badza (2, Zimbabwe).
Meisies onder 14: Miotisoa Rasendra (2, Madagaskar) teen Maholy Razakakiaina (3, Madagaskar)
Seuns onder 16: Toky Ranaivo (1, Madagaskar) teen Carl Roothmanman (2, RSA).
Meisies onder 16: Kelly Arends (4, RSA) teen Rufaro Magarira (2 Zimbabwe).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie