‘Jong’ breiers kan Rassie help
Rugby
Stephen Nell
Die onervarenheid van Suid-Afrika se Superrugby-afrigters bied aan die land se direkteur van rugby, Rassie Erasmus, ’n waardevolle geleentheid om samewerking te vestig.
Dis die mening van die voormalige Springbok-haker Charl Marais, wat hoop dat die “jong” afrigters ontvanklik sal wees om nasionale planne op streekvlak deur te voer.
Drie van die Superrugby-afrigters – John Dobson (Stormers), Ivan van Rooyen (Leeus) en Sean Everitt (Haaie) – maak hul buigings as heeltydse afrigters in die reeks. Pote Human, die Bulle se afrigter, is ook nog net in sy tweede seisoen van meet af in die saal.
“Die geluk wat ons het is dat nie een van ons spanne sommer iets in die Superreeks gaan vermag nie. Dalk sê Rassie ‘Luister, almal is jong afrigters. Kom ons begin van voor en werk saam’,” het Marais Donderdag by die bekendstelling van die boek Our Blood is Green gesê.
“As ’n span gevestig is, wil ’n afrigter eerder sy eie ding doen. Rassie het ’n klomp nuwe afrigters. Jy’t ook vir Robbi Kempson by die Kings en Hawies Fourie by die Cheetahs in die Pro14-reeks. Ek dink baie sal inkoop in Rassie se plan.”
Marais meen goeie samewerking tussen Erasmus en die streeksafrigters kan die Bokke in sleutelaspekte van die spel tot voordeel strek.
“Dit help nie jy verdedig op ’n sekere manier by die Westelike Provinsie (Stormers) en verstaan dan nie die Bokke se verdedigingspatroon teen die All Blacks nie,” sê hy.
“Verdediging is ’n ingewikkelde storie. As jy dit eers onder die knie het, verstaan jy dit. Dis egter iets wat jy oor jare bou.
“Hopelik kan Rassie by ’n punt kom waar hy ’n bietjie meer sê sal hê met die Suid-Afrikaanse Rugbyunie wat tot kontrakte bydra. In Nieu-Seeland word spelers deur die nasionale liggaam gekontrakteer en sit al die afrigters om dieselfde tafel.”
Intussen verwag Marais nie dat die Bokke sommer met die plan van ses voorspelers op die plaasvervangersbank gaan volhard nie. Die strategie het groot vrugte afgewerp in die Wêreldbeker-toernooi.
“Dit was toevallig dat ons in hierdie tyd ’n klomp voorspelers gehad het. Dinge gaan dadelik verander, want ek kan nie sien dat Frans Steyn langer (vir die Bokke) gaan speel nie. Flo (Francois Louw) en Beast (Tendai Mtawarira) is ook weg. Wat kry jy in hul plekke? Ek dink nie dis volhoubaar nie,” sê Marais.
“Toe ons pak goed gespeel het, het ons die geluk gehad dat Frans al die posisies (behalwe skrumskakel) in die agterlyn kon dek.
Marais put baie vreugde uit die Bokke se diepte op veral haker.
“Bongi Mbonambi was die ou wat my die meeste beïndruk het in die Wêreldbeker-toernooi. Om oor die gang van die toernooi só akkuraat met jou ingooie by die lynstane te wees, is fantasties,” sê Marais.
“Malcolm Marx is ’n monster en het ná ’n stil jaar teen die einde van die toernooi gewys waartoe hy in staat is. Dis ’n lekker probleem om te hê. Joseph Dweba (van die Cheetahs) gaan ook opgang maak.
“Ek dink ons wedstrydplan sal dieselfde bly, maar ek kan nie sien dat ons by die plaasvervanger-strategie sal hou nie. Dit sal verander na gelang van wat ons beskikbaar het en wat ons beplan.”- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie