Jong Bokkies die trekpleister na Gim se fees
Sewesrugby
Die belowende losskakel Gerswin Mouton is as kaptein van die Namibiese o.18-sewesrugbyspan aangewys wat Vrydag en Saterdag in die internasionale toernooi geborg deur die Capricorn-groep meeding.
'n Kragtige span van Suid-Afrika sal waarskynlik as die gunsteling aantree vir die feestoernooi by Windhoek Gimnasium waarmee die skool se splinternuwe rugbyveld met sy unieke kunsoppervlak amptelik geopen word.
Ses internasionale o.18-spanne sal in die hoofkompetisie sake uitspook, naamlik die SA Rugby-akademie, Namibië, die SA All Stars, Duitsland, Botswana en Zambië.
Met die Suid-Afrikaanse senior span se puik prestasies in die Wêreldreeks hoef nie getwyfel te word oor die erns waarmee die buurland sy vervoerband van nuwe talent benader nie.
Die Namibiese afrigter, Patrick Ludick, het egter 'n baie talentvolle spelersgroep tot sy beskikking.
'n Paar topspelers van laasjaar se nasionale skolekampioen Windhoek Hoërskool, asook spanlede wat by die Cravenweek gewys het hulle kan groot rugby speel, sal die naweek hul vernuf as span moet wys.
Die eerste wedstryd in die toernooi begin Vrydag om 14:36, met die laaste een van die dag om 21:12 juis tussen Suid-Afrika en die gasheerland Namibië.
Saterdag se program begin om 08:14 totdat die eindstryd vir 14:46 geskeduleer is.
Tussendeur is daar ook wedstryde in twee afsonderlike kategorieë waarin plaaslike skole meeding, naamlik in die o.19- en o.15-afdelings.
Die Namibiese o.18-sewesrugbyspan:
Randell Maasdorp (Walvisbaai Privaat Hoërskool)
Gilad Plaatjies (Walvisbaai Privaat Hoërskool)
Adriaan Venter (WHS)
Elmarco Beukes (WHS)
Delron Brandt (WHS)
Gerswin Mouton (kapt, Windhoek Affies)
Warren Ludwig (WHS)
Bernard Wessels (Windhoek Affies)
WJ Otto (Tsumeb Gimnasium)
Denzo Bruwer (Windhoek Gimnasium)
Devon Langenhoven (Walvisbaai Privaat Hoërskool)
Zinzan Steenkamp (Windhoek Affies)
Romario Janga (WHS)
Franklin Busch (M&K Gertze)
Die bestuurspan is Algenic De Klerk (spanbestuurder, Jan Möhr), Patrick Ludick (afrigter, St. Joseph) en Ainsley Daniels (koördineerder, WHS).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie