Johnson & Johnson kom nou eers volgende week
Die besending van 100 000 dosisse van die Johnson & Johnson-entstof wat vandag amptelik deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste in ontvangs geneem sou word, word nou eers volgende week verwag. Die entstowwe is deur die Afrika Entstofverkrygingstrust (Avati) aangekoop. Volgens die ministerie is die aflewering van die entstowwe na "iewers in volgende week" verskuif.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie