Johann Rupert:Trump kan rampspoed bring
Die voorsitter van Remgro, mnr. Johann Rupert, meen die wêreldekonomie het vryhandel nodig om groei te stimuleer en dit is nie vir Amerika se Donald Trump ''n prioriteit nie.
Nellie Brand-Jonker
Donald Trump, aangewese Amerikaanse president, se beleid van handelsbeperkinge op China gaan ''n “rampspoedige uitwerking” hê, waarsku Johann Rupert, voorsitter van Remgro.
Hy het Donderdag op die jaarvergadering van die maatskappy in antwoord op ''n vraag van ''n aandeelhouer na Trump verwys.
“Ek dink nie mnr. Trump het die verkiesing op vryhandel gewen nie. Ek is heeltemal ten gunste van vryer handel wêreldwyd. Ek is net baie bang dat ekonomiese teëspoed in Europa en Amerika tot meer isolasie lei.”
Hy het gesê dit is wat die Groot Depressie in die 1930''s voorafgegaan het.
“Nog ''n vreesaanjaende feit is die laaste keer wat die Republikeine die presidentskap, die senaat en die huis van verteenwoordigers beheer het, was in 1928 (voor die depressie begin het).”
In Europa is vryhandel nou ''n vloekwoord.
“As mnr. Trump teen China gaan optree, as hy ernstig is, kan die uitwerking daarvan rampspoedig wees. Ons het meer vryhandel nodig.”
Hy meen vryhandel sal ekonomiese groei wêreldwyd verbeter.
Hy hoop Trump het daaroor gejok soos hy gejok het oor die muur tussen Mexiko en Amerika en dat hy Obamacare gaan stop.
Wat ook al gebeur, Suid-Afrika het min mag, soos met Agoa (Amerika se Wet op Groei en Geleenthede in Afrika) gesien is.
Hy sê Remgro se Rainbow Chicken voel die pyn van ingevoerde hoender uit Amerika ingevolge die Agoa-ooreenkoms.
Kritiek op King IV
Hy het ook kritiek gelewer op die King IV-verslag oor korporatiewe bestuur se vereiste vir die rotasie van ouditeure.
Neville Williams, finansiële direkteur, sê PwC is al 46 jaar Remgro se ouditeure.
Rupert sê Rembrandt (Remgro se voorganger) het twee ouditeursfirmas gehad, wat deur samesmeltings PwC tot stand gebring het.“Voordat ''n ouditeur jou onderneming werklik verstaan, moet jy ontslae raak van hulle.”
Hy is “moeg vir die King-verslag-nonsens”.
“Ons is nie baba-oppassers nie. Onthou, ek en my suster (Hanneli), dr. Edwin Hertzog, die personeel en die direkteure het reusebelange in die maatskappy, so hulle maak seker dat goed na ons geld gekyk word. En as jy ''n ouditeursfirma verander, het jy groot ontwrigting en dit waarborg niks vir enigiemand nie.”
Boonop is daar ''n “regstreekse omgekeerde korrelasie” tussen maatskappye wat goed vaar met die nakoming van King-kodes en hul aandeelmarkvertoning. “Ek is beslis nie van mening dat die firma verander moet word nie.”
Hy stem saam met die vereiste oor die rotasie van die ouditvennote. Remgro se ouditvennoot sal in 2017 vyf jaar in die rol wees en sal die jaar daarna roteer word.
Volgens Williams het Remgro voorleggings deur die JSE en die forum van uitvoerende hoofde gedoen waar hul teenkanting oor die rotasie van ouditeure gestel is.
Rupert sê dit is hartseer dat daar so min ordentlike ouditfirmas oor is. “As jy ''n ouditfirma kies, moet daar binne die ouditfirma belastingspesialiste wees, en ongelukkig kan net die groter firmas dit verskaf.”
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie