Joggie soek meer duikslae soos Am s'n

Rugby
Michael Green – Hy sou graag wou sien dat die Springbokke Lukhanyo Am se voorbeeld van die eerste toets volg en Saterdag in die tweede toets teen die Britse en Ierse Leeus nog meer verwoesting op die verdediging saai, sê die oud-Springbok Joggie Jansen.

Jansen was in sy speeldae 'n gevreesde verdediger, wat sy teenstanders soms so bang geduik het dat hulle nie eens aan die bal wou vat nie.

Dit was die einste Jansen wat in die eerste toets teen die All Blacks in 1970 vir Wayne Cottrell so hard geduik het dat daardie duikslag vandag nog as een van die bestes nóg deur 'n Springbok beskou word.

Verlede naweek het Am met sy duikslag op Elliot Daly Jansen se hart tjoklits laat klop.

“Jissie, dit was 'n goeie een daardie. Hy (Am) tackle oor die algemeen baie goed. Hy som 'n situasie baie goed op,” sê Jansen.

“Eintlik is al die Springbokke goeie verdedigers. Ek wil net graag meer aggressiewe first-time tackling sien.

“Partykeer hang een van ons manne aan die teenstander se bene en dan moet iemand eers kom help om die ou plat te trek.”

Nee, dit sal nie deug nie. Jansen wil hê daardie Leeu moet sommer so twee tree terug geduik word as hy aan die bal vat.

“Vir my is 'n duikslag soos om 'n bres op die aanval te slaan. Jy moet 99,9% gereed wees daarvoor.”

Volgens Jansen moet Am en sy sentermaat Damian de Allende dit dalk oorweeg om die taktiek in te span wat hy en Dirk Froneman in 1976 se Curriebekerfinaal vir die Vrystaat teen die Westelike Provinsie gebruik het.

“Ek het vir Dirk verduidelik hoe ons vir Peter Whipp en Johan Oosthuizen (die WP-senters) moet ontsenu,” vertel Jansen.

“Die eerste keer wat hulle die bal gekry het, het ek voluit vir Whipp gegaan en hy het so vinnig moontlik die bal na Oosthuizen uitgegee en toe line Dirk vir Oosthuizen op.”

Verwoesting in die middelveld. Soos om met 'n dubbelloop-haelgeweer 'n gat te skiet in die linie van die span wat probeer aanval. Dis wat Jansen soek.

Jansen is vol vertroue dat die Bokke hierdie naweek die bordjies teen die Leeus sal verhang.

“Hulle sal hul planne reg hê. Daar is nou baie spottery oor die waterdraer (Rassie Erasmus), maar hy is nie vandag se aap nie,” sê Jansen.

Die legendariese agterspeler voel wel effens onseker oor die feit dat die Bokke net twee agterspeler-plaasvervangers op die bank gaan hê.

“Ek wil nie vir die keurders vertel wat hulle moet doen nie. Hulle ken die ouens beter as ek en hulle weet wat hulle wil doen,” sê hy.

“Maar dalk, dalk moet 'n ou soos Frans Steyn ook daar wees wat die bal van ver af pale toe kan skop of 'n langafstand-skepdoel deur die pale kan jaag.”



TSUMEB

Ná heelwat omswerwinge is Joggie ná meer as 40 jaar weer terug in Bloemfontein, het hy verlede jaar aan Louis Heenop vertel.

“Perde was altyd 'n voorliefde, en ek het in Tsumeb, Namibië, opgeëindig, waar ek geboer het en betrokke was by die afrigting van perde-uithouritte.”

Joggie het selfs die Namibiese nasionale span as bestuurder na die Wêreld-uithouritkampioenskap in Dubai vergesel.

Hy was twee keer getroud en het 'n dogter, Ilke, uit sy eerste huwelik met Rista, wat 'n Springbok in uithouritte is.

“Ilke het self Junior Springbok-kleure in die sport verwerf.”

“Ná 'n wonderlike tydperk in Namibië is ek weer terug in Bloem; gelukkig, gesond en dankbaar om my aftrede te kan geniet . . .”

– Netwerk24


FOTO
Wayne Cottrell, losskakel van die 1970 All Blacks, lê kisboude nadat Joggie Jansen hom op Loftus Versfeld neergevel het. Foto Wessel Oosthuizen

Joggie Jansen, oudsenter van die Springbokke, as genooide spreker by Wanderers-rugbyklub se jaareindfunksie in 2006. Foto Andrew Poolman

Lukhanyo Am het sommige rugbykykers met sy duikslag verlede naweek op Elliot Daly aan Joggie Jansen se duikslag in 1970 op Wayne Cottrell laat dink. Foto Nampa/AP

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%