Joernalis se kop, bene in see gevind
Joernalis se kop, bene in see gevind

Joernalis se kop, bene in see gevind

Die kop en bene van ’n Sweedse joernalis wat op ’n duikbootreis vermis geraak het, is in die see by Kopenhagen gevind.

Kim Wall (30) het op 10 Augustus vir ’n storie saam met Peter Madsen (46) in sy duikboot vertrek. Haar bolyf is 11 dae later gevind.

Die BBC berig dat die sak waarin Wall se kop en bene gevind is stukkies metaal ingehad het om dit onder die water te hou.

Madsen het aanvanklik gesê hy het haar veilig in Kopenhagen afgelaai, maar later gesê daar “was ’n verskriklike ongeluk” en dat hy haar “ter see begrawe het”.

Wall se bolyf het meswonde in gehad.

Jakob Buch-Jepsen, ’n Deense staatsaanklaer, het vroeër gesê beeldmateriaal van vroue wat lewend onthoof is, is op ’n hardeskyf gevind wat moontlik aan Madsen behoort.

Madsen ontken dat hy Wall vermoor het óf dat die hardeskyf syne is. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-07-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer