Jewels klop Zambië, sluit af teen RSA
Netbal
Met ’n punteverskil van twintig teen Uganda het Suid-Afrika se Proteas gister hul onoorwonne vertoningslys in die Afrikabeker-netbaltoernooi in Windhoek volgehou.
Suid-Afrika het met 57-37 gewen, met vandag se laaste wedstryd wat vanoggend om 09:00 teen Namibië se Desert Jewels voorlê.
Uganda (sewende op die wêreldranglys) en Suid-Afrika (vyfde) was vooraf beide onoorwonne vandat die toernooi laas Dinsdag begin het.
Namibië het gister hard gewerk om ’n spannende oorwinning met 43-42 teen Zambië te beklink.
Die Desert Jewels moes ’n beduidende agterstand van 10-16 ná die eerste kwart te boewe kom, maar het dit teen rustyd tot 21-24 laat krimp. Aan die einde van die derde kwart was sake gelykop met 35-35.
Vanoggend se wedstryd tussen Namibië en die Proteas by die Wanderers-saal in Pionierspark sal regstreeks op die Facebook-blad van Netball South Africa gebeeldsend word.
Die laaste wedstryddag van die toernooi word vandag om 11:00 (Malawi teen Uganda) en 13:00 (Kenia teen Zambië) afgesluit, voor die afsluitingseremonie om 15:30.
FOTO
Nelandre Mostert van Namibië. Foto Limba Mupetami

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie