Jewels geskok met spoed en finesse

Namibië sal in sy oorblywende wedstryde groot verbetering wil toon.
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Die Debmarine Desert Jewels moes gisteroggend in hul eerste toets teen die Suid-Afrikaanse Proteas met 58-30 die knie buig.

Ná 18 maande was dit die Namibiërs se eerste proesel internasionale netbal in Kaapstad by die Spar Drienasies-uitdaagtoernooi.

Die botsing is uit die staanspoor deur die Proteas oorheers, wat bykans een doel per minuut aangeteken het.

Die Suid-Afrikaners se posisionele spel, besluitneming, verdediging en blitsige hantering met min foute was die moedige Namibiërs se ondergang. Die feit dat Suid-Afrika 21 keer onderskep het teenoor Namibië se 12, vertel hoeveel skerper hulle op die baan was. Beide spanne se doelskieters was 83 persent akkuraat.

Hoewel die Juwele hul bes probeer het, is hulle oorskadu deur 'n span wat selfs sonder sy oorsese staatmakers en met vyf internasionale debutante oor hope ondervinding beskik.

Die Proteas het soos 'n sneltrein weggespring en gereeld besit by die Juwele gesteel en in punte omskep. Namibië het wel daarin geslaag om met bittermin balbesit vir die hele toets te veg. Die Namibiese vroue, aangevoer deur Jatjinda Kambatuku, is beslis fiks en sterk, maar hul speltempo, hantering, posisionele spel en besluitneming was merkbaar stadiger as hul teenstanders se blitsige reaksie.

Vandat die Proteas binne die eerste minuut hul openingsdoel aangeteken het, het hulle die voortou enduit behou. Namibië het vier minute geneem voordat sy eerste doel aangeteken is en die eerste kwart eindig op 16-7.

Die tweede kwart was ewe opwindend met die Proteas wat die Juwele se verdediging onder druk hou en opnuut in die eerste minuut die doelring tref. Die Namibiërs teken een punt meer aan as in die vorige speeltyd, maar verspeel vier doelkanse. Die doelverskil in dié periode was 16-8 en Namibië loop met 32-15 agter.

Die patroon is in die derde kwart voortgesit, met 'n opflikkering toe die Juwele ná elf minute twee doele kort ná mekaar aanteken. Die Proteas slaan egter hard terug in die laaste minute om dié kwart met 15-7 te wen (47-22).

Met die laaste kwartier se vertoning het die Namibiërs nie ophou veg nie en voeg agt doele by teen die Proteas se elf, maar verloor met 28 doele.



'ONS SAL AANPAS'

Julene Meyer, hoofafrigter van Namibië, het die vorige aand aan Republikein gesê 'n begin op volspoed is noodsaaklik.

“Ons wil van die eerste minuut af inklim om seker te maak ons is op die voorvoet om punt vir punt by te hou. Ons sal op ons eie spel moet konsentreer om spelers in die regte posisies te kry en mekaar met tweede bewegings te help.

“Die Proteas speel baie vinnig en is baie sterk op die verdediging. Hulle dra die bal baie vinnig oor die baan. Ek dink hul enigste swakpunte is in beide sirkels. Daar is heelwat debutante en moontlik sal die kombinasies nog nie gevestig wees nie en dit kan vir ons geleenthede skep.

“Ons het 'n groot verskeidenheid spelers met wie ons hulle kan hokslaan. Die spelers is honger vir speel en ken mekaar goed. Die verblyf en kos is uitstekend en daar word mooi na ons gekyk,” het sy gesê.

Ná die wedstryd het Meyer gesê: “Ek dink ons het tussen ses en agt punte per kwart weggegooi deur simpel foute, swak spel en swak besluitneming. Ek is glad nie tevrede daarmee nie.

“Ons moes veel meer klinies gewees het, want die druk was glad nie so erg om hierdie tipe foute te regverdig nie.”

Sy bly nietemin positief oor die oorblywende wedstryde teen Suid-Afrika en Uganda.

“Ons kon nie uit derde rat kom nie. Ek dink dit gaan 'n tydjie neem om aan die intensiteit gewoond te raak en dan sal dit beter gaan. Ons sal daar kom. Die spelers sal gewoond raak daaraan, sodat ons hierdie onnodige foute kan uitskakel. Dit sal 'n groot verskil aan ons ritme maak om af te rond.”

Die beginspan van Namibië: Jatjinda Kambatuku (kaptein, doelskieter), Anna Kaspar (doelaanvaller), Selma Bittler (aanvallende vleuel), Venyekerera Maharero (senter), Monica Gomases (verdedigende vleuel), Emmy Kutako (doelverdediger), Juzelri Garbers (doelwagter). Reserwes: Loide Hanyanya, Nanguloshi Kamutushi, Mulenamaswe Mwale, Rachalle Roetz, Anna Shipanga.

Afrigterspan: Julene Meyer (hoofafrigter), Chrisna Lombard, Antoinette Wentworth Sunette Burden; dr. Maria Mulunga (spandokter).

Proteas-span: Nonsikelelo Mazibuko (GS), Renske Stoltz (GA), Bongi Msomi (kaptein, WA), Romé Joubert (C), WD Khanyisa Chawane (WD), Monique Reyneke (GD), Simoné Rabie (GK). Reserwes: Izette Griesel, Tshina Mdau, Sian Moore, Nozipho Ntshangase en Chantelle Swart. Dorette Badenhorst (hoofafrigter), Dumisani Chauke (hulpafrigter).



VORIGE STATISTIEK

Uit die vorige tien toetse teen Namibië het die Proteas almal gewen. Die gemiddelde telling is Proteas 66-23 Namibië. Suid-Afrika se grootste telling was 78-10 in Maseru (2002) en die kleinste punteverskil was 31-14 in Gaborone (2000). Namibië se hoogste totaal was 35-57 in 2010 (Pretoria).

Laaste vyf uitslae: Proteas 78-28 Namibië (Polokwane 2018). Proteas 75-34 Namibië (Blantyre 2013). Proteas 57-35 Namibië (Pretoria 2010). Proteas 55-26 Namibië (Durban 2009). Proteas 71-16 Namibië (Durban 2004).– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%