Jeugopleiding in Suide 'n reusesukses

Mariselle Stofberg
Mariselle Stofberg



Me. Stephne Isaak, 'n voormalige lewensoriëntering-onderwyser in die suide van die land, het haar passie vir onderwys en liefde vir kinders gekombineer om 'n nuwe program in Maltahöhe vir graad 11- en 12-leerlinge van stapel te stuur.

“My droom is om kinders te help groei en ontwikkel deur opleiding, beroepsvoorligting, motiveringspraatjies en ondersteuning sodat hulle hul volle potensiaal kan bereik. Ek het 'n ongelooflike passie vir onderwys en opleiding, en ek het 'n manier probeer vind om hierdie twee konsepte te kombineer.”

Isaak het gesien tot hoe 'n mate lewens­oriëntering-onderwysers sukkel om die hele kurrikulum in die jaar te behandel, omdat vele skole die waarde van hierdie vak onderskat en die werk eenvoudig té veel vir die onderwysers is.

“Ek het besef ons onderwysers en leerlinge het hulp nodig, en pleks daarvan om vas te kyk in die uitdagings en probleme, wou ek deel van die oplossing word.”

Van die onderwerpe wat hanteer word in die slypskole sluit in oortuigings, waardes, houding en gedrag.

“Soveel van ons kinders is stukkend, gebroke en benodig hulp. As jy baklei, vra jy gewoonlik speel-speel of iemand weet wie jy is. Maar die hartseer werklikheid is ons kinders weet nie meer wie hulle is nie. Ons wil ons kinders met hierdie opleiding help om hulself te vind.”

Isaak sê kinders is soos sponse en “wanneer ons hulle aan die regte dinge blootstel, bemagtig ons hulle om te groei tot verantwoordelike en hardwerkende volwassenes.

“Ek wil die siklus breek waar kinders voel hulle is nie goed genoeg, óf mooi genoeg, óf slim genoeg nie. Ek wil hulle laat besef as mense is hulle goed genoeg. Hulle moet net in hulself begin glo. Ek wil wegdoen met mense wat jongmense in 'n hoekie probeer druk.”

Die opleiding leer die kinders ook onder meer om 'n CV op te stel, werk te soek en gee die leerlinge praktiese beroepsvoorligting wat nie altyd op skool behandel word nie.

Tesame met haar kollegas, mnre. Tangeni Kapia en John Mosemedi, gee hierdie opleiding leerlinge die geleentheid om weer beheer van hul lewens te neem.

Verskeie maatskaplike kwessies word ook getakel, waaronder dwelmmisbruik en tienerswangerskappe.

“Ons wil kinders bemagtig om aanspreeklikheid vir hul dade te aanvaar. Ons wil hulle die mag gee om die kringloop van armoede en misdaad te breek.

“Ons wil hulle help om bo hul omstandighede uit te styg en meer te word as wat mense dink hulle is,” het Isaak gesê.

Die opleiding word ook aan onderwysers gebied en strewe is om die verhouding tussen onderwysers en leerlinge te herstel.

Die fokus is om kundiges in die veld in te bring om ook uit hul perspektief met die leerlinge te gesels.

Mnr. Dennis Zaire van die Konrad Adenauer-stigting het ook 'n groot rol gespeel in die program se sukses. Hulle borgskap maak dit moontlik om die opleiding en slypskole aan te bied.

“Ons het die steun van die regering en munisipaliteit en die droom is om hierdie program ook na die res van die land uit te brei. Ons land se syfers van kinders wat skool verlaat, is ongelooflik hoog; dit kan wees omdat ons kinders nie almal toegang tot geleenthede soos hierdie het nie. Ons moet ons kinders met die regte vaardighede toerus om die beste van elke geleentheid te maak.”

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.96 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.65 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.88 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.96 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.65 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 300.02/OZ UP +0.37% | Copper US$ 4.45/lb DOWN -0.0117 | Zinc US$ 2 882.50/T UP 0.28% | Brent Crude Oil US$ 84.63/BBP DOWN -0.0238 | Platinum US$ 949.47/OZ UP +1.57% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.96 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.65 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.88 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.96 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.65 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 300.02/OZ UP +0.37% | Copper US$ 4.45/lb DOWN -0.0117 | Zinc US$ 2 882.50/T UP 0.28% | Brent Crude Oil US$ 84.63/BBP DOWN -0.0238 | Platinum US$ 949.47/OZ UP +1.57%