Jeugleiers terug in Swapo
Jeugleiers terug in Swapo

Jeugleiers terug in Swapo

Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - ’n Hoërhofbeslissing Vrydag in Windhoek was ’n sege vir Swapo se jong Turke wat die leierskap openlik oor hul skorsing en uitsetting uit die party uitgedaag het.
Regter Collins Parker het in ’n stampvol hofsaal, met verskeie hoogge­plaaste Swapo-kaders, insluitende die minister van justisie, dr. Albert Kawana, en die veteraanpolitikus mnr. Helmut Angula, sy uitspraak gelewer.
Parker het bevind dat Swapo se besluit om dr. Elijah Ngurare, mnre. Job Amupanda, Dimbulukeni Nauyoma en George Kambala te skors en uit die party te skop onwettig was en dat dit ter syde gestel moet word. Hy het voorts opdrag gegee dat hul lidmaatskap van Swapo herstel word. Die feit dat Swapo hulle verhinder het om aan enige aktiwiteite van die party of partyvleuels deel te neem, is eweneens onwettig verklaar en ter syde gestel.
“Daar was nie geregtigheid en reg­verdigheid nie. Gevolglik is die kontraktuele regte van Amupanda, Nauyoma, Kambala en Ngurare geskend, toe hulle uit die party geskop is.
“Dit is my mening dat Swapo verkeerdelik geadviseer is oor die ware interpretasie en behoorlike toepassing van Swapo se grondwet en kode, veral oor die verskil tussen dissipline en korreksie asook tussen die dissiplinêre prosedures en regstellende prosedures,” het Parker in sy uitspraak gesê.
Hy het daarop gewys dat artikel 17 van die Swapo-kode dit duidelik stel dat alvorens iemand geskors kan word, ’n lid ingeroep en deur ’n gemagtigde party-amptenaar of -struktuur ingelig moet word oor ’n vermeende oortreding.
Voorts word bepaal dat aangesien skorsing “’n pynlike ondervinding is” dit nie ligtelik toegepas moet word nie. Die tydperk van ’n skorsing moet volgens die kode ook tot die minimum beperk word.
“In hierdie geval was die skorsing besoedel deur nie-nakoming van artikel 17 omdat daar geen bewyse was dat enige van die aansoekers ingeroep en ingelig is nie. Die briewe wat aan hulle gegee is om hulle in kennis te stel van die skorsing, skiet ook ver tekort wat betref ‘inroep en inlig’,” het Parker bevind. Boonop is al die lede vir ’n onbepaalde tyd geskors, wat ook strydig met die bepaling van artikel 17 van die kode is.
Swapo het sodoende nie sy kontraktuele verpligting teenoor die vier nagekom nie.
Oor die kwessie of die hoërhof die jurisdiksie het om die aangeleentheid te beslis, het Parker bevind dat kwessies rakende geregtigheid en regverdigheid nie as ’n “politieke­ aangeleentheid” beskou kan word nie.
Parker het egter bevind dat die hof nie kan aanbeveel dat hulle in die poste wat hulle in Swapo beklee het, heraan­gestel kan word nie.
Swapo is ook aanspreeklik om 60 persent van die aansoekers se regskoste te betaal.
Die vier is in Julie 2015 geskors, en al is volledige redes vir die skorsing nooit aangevoer nie, was die betrokkenheid van Amupanda by die Regstellende Herposisionering-beweging (AR), dreigemente om grond te beset indien die owerhede nie grond aan veral grondlose stedelike jeug beskikbaar stel nie, en die steun wat hy van lede van die Swapo-jeugliga in die verband geniet het, allerweë as redes gesien.
Nadat die uitspraak gelewer is, het die skare wat die verrigtinge bygewoon het uitbundig begin sing.
Kawana het aangedui die party wil, in oorlegpleging met hul ­regsgeleerdes, eers die volledige uitspraak ­bestudeer.

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan #N/A Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% #N/A