Jeug leer skou se kuns

Sanet de Waal
’n Nasionale beesbeoordelaarskompetisie vir Namibiese jongmense is Maandag by die Windhoek-skougronde aangebied. Ongeveer 20 leerlinge het tot die finale ronde deurgedring. Die leerlinge moes Brahmaan-bulle en -koeie beoordeel en in rangorde volgens beste eienskappe plaas. Liandri Kruger van Windhoek Gimnasium is as die wenner gekroon.

Kommentaar

Republikein 2025-06-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer