Jessica loer agter voorloper
Gholf
Die Namibiese gholfspeler Jessica Dreesbeimdieke was gister in die gesamentlike vierde posisie aan die einde van die eerste dag se spel by die Suid-Afrikaanse Meesterstoernooi vir vroue by die San Lameer-baan in KwaZulu-Natal.
Dreesbeimdieke, wat die afgelope jare in Amerika gestudeer het en woon, is tans in die buurland op besoek vir ’n klompie toernooie in die professionele Sonskyn-reeks.
Gister het sy ná ’n rondte van 73 een hou oor baansyfer klaargemaak.
Die voorloper was Cara Gorlei van Suid-Afrika (69, drie onder syfer), gevolg deur Jane Turner van Skotland (71 -1) en nog ’n Suid-Afrikaner, Kim Williams op 72.
Die tweede Namibiër in die toernooi, Bonita Bredenhann, bevind haar vanoggend in die gesamentlike 20ste posisie op 78 houe (ses oor syfer).
Bredenhann en Dreesbeimdieke het verlede week by Outenique in die Suid-Kaap beide aan die Dimension Data Pro-am vir vroue deelgeneem, waar Bredenhann in die beter posisie geëindig het. Sy was in die gesamentlike agtste plek (209 houe) teenoor haar landgenoot in die gesamentlike 20ste posisie (226 houe).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie