‘Jerusalema jive’
Die Suid-Afrikaanse musikant Master KG het gisteraand Namibiërs se voete laat jeuk met sy optrede by die Namibië Toerisme Ekspo (NTE) by SKW in Windhoek. Hy is die man agter die “Jerusalema”-liedjie waaroor mense wêreldwyd gaande is en waarop talle mense mekaar uitdaag om die gewilde danspassies te doen. Op die foto is Master KG saam met Lady Nay (Naledi Kunene), die aanbieder van Namibia Media Holdings (NMH) se nuwe oggendontbytprogram, Africa Good Morning. Foto Shu Mafuka
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie