Jeff Bezos nou meer as US$100 miljard werd
Dit is lekker om die wêreld se rykste man te wees.
Maar Jeff Bezos, stigter en uitvoerende hoof van Amazon, gaan verseker nie kla as hy selfs nóg ryker word nie.
En dit is presies wat gebeur het. Alles te danke aan verbruikers se gedrag op Swart Vrydag.
TechCrunch berig verbruikers het Amazon só goed op dié wêreldwye afslagdag ondersteun dat sy aandele verder verstewig het.
Luidens Iress het Amazon Vrydag 2,5% hoër teen US$1 186 op die Nasdaq in New York gesluit.
Bloomberg berig Amazon se markwaarde is nou sowat US$571,5 miljard.
Bezos het 'n belang van 16,3% in Amazon.
Bloomberg reken Bezos se persoonlike fortuin het nou tot meer as US$100,3 miljard gegroei.
Hy het net vanjaar reeds US$32,6 miljard verdien.
Dit is alles te danke aan Amazon se goeie vertoning op die beurs.
Die vraag is wel: wat gaan hy met al die geld doen?
Techchrunch berig hy het vroeër vanjaar in 'n twiet gevra mense moet voorstelle maak hoe hy sy geld op 'n filantropiese manier kan spandeer.
Dit is nie die eerste keer dat 'n individu 'n persoonlike fortuin van meer as US$100 miljard het nie.
Bill Gates, wat Microsoft gestig het, se persoonlike fortuin het dié mylpaal in 1999 bereik.
Hy het sedertdien onderneem om ten minste die helfte van die geld aan liefdadigheidsorganisasies te skenk.
Bezos het Gates verlede maand verbygesteek in terme van welvaart en die rykste persoon op die planeet geword.
Warren Buffett is die derde rykste persoon met 'n persoonlike welvaart wat op US$78,9 miljard geskat word.
– Netwerk24/TechCrunch, verwerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie