JD, Sergeal in Bok-toergroep
Rugby
Tinus van Staden - Drie spelers van die Westelike Provinsie sonder toetservaring is vir hul goeie spelpeil in vanjaar se Curriebeker-reeks met plekke in die Springbok-groep vir die jaareindtoer beloon.
Die slot JD Schickerling, die vleuel Sergeal Petersen en die senter Ruhan Nel is almal by Rassie Erasmus, die Bok-breier, se groep vir die toetse teen Engeland, Frankryk, Skotland en Wallis.
Schickerling is al lank in Erasmus se planne. ’n Boarmspier-besering het verhinder dat die oudleerling van Paarl Gimnasium, wat 2,02 m lank is en 109 kg weeg, nie reeds in Junie se toetse teen Engeland losgelaat is nie. Sy insluiting is merkwaardig nadat hy in 2014 sy nek gebreek het.
Schickerling het die nasionale skolespan in 2012 en 2013 verteenwoordig. In 2014 was hy ’n Junior Bok en verlede jaar het hy vir die eerste keer vir die Suid-Afrikaanse A-span teen die Engelse Saxons gespeel.
Petersen was in 2016 vir die Bokke in ’n toerwedstryd teen die Barbarians in aksie, maar het nog nie in ’n toets gespeel nie.
Nel het hom by die Bok-groep aangesluit vir die laaste twee toetse van die Rugbykampioenskap, maar het nie speelkans gekry nie.
Erasmus se toerspan is ook gelaai met ’n leierskorps wat groot gesag afdwing met leiers soos Siya Kolisi, Warren Whiteley, Eben Etzebeth en Pieter-Steph du Toit. Duane Vermeulen is ook terug ná sy verpligtinge by die Japanse klubspan Kubota Spears.
Gio Aplon, die ervare heelagter en vleuel, is ook soos verwag by die groep ingesluit. Hy speel sy rugby tans vir Toyota Verblitz in Japan.
Hoewel Faf de Klerk (Sale Sharks) nie in die groep is nie, het Erasmus wel drie Bokke wat hul rugby in Engeland speel, by die groep ingesluit, naamlik die heelagter Willie le Roux (Wasps), die stut Vincent Koch (Saracens) en die losvoorspeler Francois Louw (Bath).
Cheslin Kolbe (Toulouse), die heelagter en vleuel, is die ander Bok wat sy geld in Europa verdien en wat by die groep ingesluit is.
Die Leeus-slot Franco Mostert is toe wel gekies. ’n Kontraktuele toutrekkery oor sy dienste tussen die Leeus en die Engelse klubspan Gloucester, kon sy deelname aan dié toer in die wiele ry.
* Die Bok-groep:
Voorspelers: Schalk Brits, Lood de Jager, Pieter-Steph du Toit, Thomas du Toit, Eben Etzebeth, Steven Kitshoff, Vincent Koch, Siya Kolisi (k), Francois Louw, Wilco Louw, Frans Malherbe, Malcolm Marx, Bongi Mbonambi, Franco Mostert, Sikhumbuzo Notshe, Trevor Nyakane, JD Schickerling, RG Snyman, Duane Vermeulen, Warren Whiteley.
Agterspelers: Gio Aplon, Damian de Allende, Aphiwe Dyantyi, André Esterhuizen, Elton Jantjies, Cheslin Kolbe, Jesse Kriel, Wille le Roux, Ruhan Nel, Sbu Nkosi, Embrose Papier, Sergeal Petersen, Handré Pollard, Louis Schreuder, Ivan van Zyl, Damian Willemse. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie