Jarelange droom word uiteindelik bewaarheid
Tanja Bause - “Ek droom al 18 jaar daarvan om op ’n rubberbaan en onder ’n dak te rolskaats,” sê me. Heike Dedig van die Skorpions Rolskaatshokkieklub op Otjiwarongo.
“Ek het nooit gedink dié droom sou ooit bewaarheid word nie.”
Die klub, met sy 72 spelers wat tussen 4 en 58 jaar oud is, bestaan al die afgelope 19 jaar op Otjiwarongo en dit het bykans soveel jaar se spaar en opoffering van ouers, spelers en die dorp se inwoners gekos om te verseker dat die klub vandag met ’n dak en ’n splinternuwe rubbervloer kan spog.
Dit beteken ook die klub sal in die toekoms internasionale toernooie kan aanbied.
Een van die klub se mees merkwaardige prestasies is dat dit in 2014 vir die langste spel in die Guinness World Records opgeneem is. Klublede het vir 27 uur aaneen hokkie gespeel en daarmee N$24 000 vir die oprigting van die dak ingesamel.
Skorpions was tot onlangs die enigste rolskaatshokkieklub in die land wat nog op ’n sementvloer gespeel het.
Daarmee saam sal onderhoudskostes op toerusting aansienlik verminder.
“Met die sementvloer het ons hokkiestokke vinnig verniel en moes ons dit gedurig vervang. ’n Hokkieskyf het ook nie langer as twee maande gehou nie, maar met die nuwe vloer verwag ons dit sal tot ses maande hou, dus word die klub se uitgawes beslis verminder,” het Dedig gesê.
Die oprigting van die dak het vir groot opwinding op Otjiwarongo gesorg, met inwoners wat kort-kort daar ’n draai gemaak het om die vordering te sien.
“Die hele dorp is op die een of ander manier by ons klub betrokke en vandaar die groot belangstelling in al die ontwikkeling. Dit is eintlik almal se droom wat waar word,” sê sy.
Die volgende projek wat die klub aanpak, is om ? muur rondom die hokkiebaan te bou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie