Japannese Miniso het planne vir SA
Japannese Miniso het planne vir SA

Japannese Miniso het planne vir SA

Die Japannese kleinhandelaar Miniso het sy deure in Suid-­Afrika geopen en die ­maatskappy het groot uitbreidingsplanne vir die land.

Die maatskappy vestig hom in Suid-Afrika op 'n tydstip dat ­internasionale mededinging plaaslik al hoe ­strawwer word.

Boonop vaar die kleinhandelsektor al geruime tyd nie te waffers nie, soos die sukkelende Suid-Afrikaanse ekonomie druk plaas op die gebruiker en kleinhandelverkope swak bly.

Miniso het reeds twee winkels geopen – een in Menlyn Park in Pretoria en een in Maponya Mall in Soweto.

Die maatskappy het meer as 2 000 winkels in 50 lande wêreldwyd. In 2016 het sy verkope meer as US$1,5 miljard beloop. Hy fokus op klere en huishoudelike ware.

Volgens die maatskappy wil hy 'n verdere 50 winkels in Suid-Afrika open. Die eerste winkels in Durban en Kaapstad sal in September hul deure open.

Die maatskappy maak wêreldwyd gemiddeld sowat 80 tot 100 winkels per maand oop en sy doelwit is om teen 2019 meer as 10 000 winkels in bedryf te hê. Miniso se sakemodel is gegrond op “vinnige mode gekombineer met eenvoudigheid” en hy werk sy produkreeks elke sewe dae by.

Die Miniso-handelsnaam is deel van Saiman Holdings en is in 2013 gestig. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-05-31

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer