Japan steun weeskinders
Tanja Bause - Japan se regering het meer as N$850 000 aan die Charity Faith Mission Church op Katima Mulilo beskikbaar gemaak sodat hulle ’n nuwe weeshuis kon bou.
Die weeshuis bestaan uit twee klaskamers, twee stoorkamers en wasgeriewe. Die klaskamers is ook met nuwe tafels en stoele toegerus.
Sowat 25 kinders van die Charity Faith Mission Church en 70 weeskinders van die omgewing sal dié geriewe nou kan gebruik.
Die finansiering van die projek kom van die Grant Assistance for Grassroots Human Security Projects (GGP).
Volgens mnr. Hideaki Harada, Japan se ambassadeur, het Japan se regering in 1997 met dié projek in Namibië begin. Sedertdien het 54 projekte hierby gebaat.
GGP het tot dusver ongeveer N$37,5 miljoen aan projekte landswyd bestee.
“Die totale volume in Japan se 2017-boekjaar het met 56% toegeneem. Dit beteken dat ons N$2 miljoen meer as die vorige jaar het om basiese menslike behoeftes op voetsoolvlak te verbeter,” het Harada gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie