Japan skenk muskietnette
Die Japannese maatskappy, Sumitomo Chemical Co. Ltd, het 100 Olyset™-muskietnette aan die Nyangana-distrikshospitaal in die noorde van die land oorhandig. Die muskietnette word sedert 2001 deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) onderskryf. 'n Muskietdoder, piretroïed, word in die vesels van die net verweef. Beheerde vrylatingstegnologie bring dan die insekdoder geleidelik na die oppervlak van die vesels. Dié tegnologie is aanvanklik in vensterskerms in fabrieke gebruik om insekte af te weer. Met die hulp van die Verenigde Nasies se kinderfonds (Unicef) en ander internasionale organisasies, word die nette nou in meer as 80 lande verskaf. Sumitomo Chemical is ook nou betrokke by die Roll Back Malaria-vennootskap wat deur die WHO gelei word.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie