Januarie-droogte
Januarie-droogte

Januarie-droogte

COLOURED PEOPLES SKRYF:

Hier sit ek nou in Januarie, hoog en droog;

net die memories van die big days wat my soog . . .

Ek vroetel in my beursie om 'n noot uit te haal,

maar my pay is al op met die bonus en al . . .

By die ATM vat ek 'n laaste kans,

maar dit deel my mee: Insufficient funds . . .

In Desember was Woolworths en Pick 'n Pay gewild,

maar nou koop ek weer by die huiswinkel op skuld . . .

Met Edgars en Truworths was ek net behep;

nou lay by ek Easter se klere by Pep . . .

Ek kan die flat screen en deep fridge nie verder betaal

en ek dink Russells sal dit binnekort kom haal . . .

In Januarie sonder airtime op my phone;

my koskas is leeg en ek soek nou 'n loan . . .

Ek verlang na Spur se spare ribs en doggy bags,

maar my enigste troos is nou scrambled eggs . . .

Met Moni's en sjampanje het die music geklop,

maar my dors word nou geles met Drink o' pop . . .

My tafel was vol en daar was joy and fun,

nou staan my kragboks se units op zero point one . . .

Van Simba en Lays met hul different dips,

is ek nou weer terug by my five-bob chips . . .

Soos 'n wafferse ryk man alles spandeer,

nou moet ek alleen in my ellende krepeer . . .

In Desember het ek gekoop en gegee,

but in January-days all friends disappear . . .

Ek besef alte goed wat het ek oorgekom,

maar volgende Desember is ek weer so dom . . .

Hier sit ek nou in Januarie, hoog en droog;

net die memories van die big days wat my soog . . .

Ek vroetel in my beursie om 'n noot uit te haal,

maar my pay is al op met die bonus en al . . .

By die ATM vat ek 'n laaste kans,

maar dit deel my mee: Insufficient funds . . .

In Desember was Woolworths en Pick 'n Pay gewild,

maar nou koop ek weer by die huiswinkel opskuld . . .

Met Edgars en Truworths was ek net behep;

nou "lay buy" ek "Easter" se klere by Pep...

Ek kan die flat screen en deep fridge nie verder betaal

en ek dink Russells sal dit binnekort kom haal . . .

In Januarie sonder airtime op my phone;

my koskas is leeg en ek soek nou 'n loan . . .

Ek verlang na Spur se spare ribs en doggy bags,

maar my enigste troos is nou scrambled eggs . . .

Met Moni's en sjampanje het die music geklop,

maar my dors word nou geles met Drink o' Pop . . .

My tafel was vol en daar was joy and fun,

nou staan my kragboks se units op zero point one . . .

Van Simba en Lays met hul different dips,

is ek nou weer terug by my five-bob chips . . .

Soos 'n wafferse ryk man alles spandeer,

nou moet ek alleen in my ellende krepeer . . .

In Desember het ek gekoop en gegee,

but in January-days all friends disappear . . .

Ek besef alte goed wat het ek oorgekom,

maar volgende Desember is ek weer so dom . . .

Kommentaar

Republikein 2026-11-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer