J&J gekap oor 'asbes' in babapoeier
Johnson & Johnson (J&J) wat verbruikersgoedere vervaardig, gaan nog vure moet doodslaan ná beweringe dat hy al jare lank bewus is dat sy babapoeier met asbes besmet is.
Dit kom nadat 'n hof in New Brunswick, in die Amerikaanse deelstaat New Jersey, J&J en sy vennoot Imerys Talc America verlede week beveel het om US$117 miljoen se skadevergoeding aan Stephen Lanzo te betaal.
Lanzo beskuldig dié twee maatskappye daarvan dat hy mesotelioom, 'n dodelike vorm van kanker wat verband hou met blootstelling aan asbes, gekry het nadat hy jare lank J&J se babapoeier gebruik het.
Imerys verskaf die poeier aan J&J.
J&J word reeds deur sowat 6 000 hofsake in die gesig gestaar waarin beweer word sy babapoeier en Shower to Shower-produkte het ovariale kanker veroorsaak.
Dit is die eerste keer dat hy daarvan beskuldig word dat sy produkte met asbes besmet is en ook ander kankers kan veroorsaak.
Prokureurs wat namens die eisers optree, sê interne J&J-dokumentasie toon dat die maatskappy sedert die 1970's weet die babapoeier word in die proses om dit te ontgin met asbes besmet.
Hulle wil dié bewering nou ook by hul eise oor ovariale kanker voeg.
J&J en Imerys ontken die beweringe ten sterkste.
Hulle sê die dokumentasie bevat geen bewyse dat hul produkte met asbes besmet is nie, maar eerder dat hulle bewus is van die risiko.
Peter Bricks, die prokureur wat J&J in die beweringe oor asbes verdedig, sê die maatskappy het in die vroeë 1970's 'n studie begin om vas te stel wat hy kon doen sou die poeier met asbes besmet word.
Hy sê die poeier is nooit besmet nie. Onafhanklike laboratoriums toets volgens hom al dekades lank vir asbes in die poeier. Uitslae was nog altyd negatief.
Hoewel asbes met mesotelioom verbind kan word, is daar nog nie duidelikheid oor of dit wel met eierstokkanker verbind kan word nie.
“Hierdie is net die oortjies van die seekoei,” sê Mark Lanier, een van die prokureurs wat verbruikers in van die sake teen J&J verteenwoordig.
Hy sê hy verwag duisende mense gaan nou eise teen J&J vir mesotelioom en ovariale kanker instel.
Juries het in vyf van die ses hofsake oor eierstokkanker beslis J&J is wel daarvoor aanspreeklik.
– Netwerk24/Reuters, verwerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie