Jan Möhr samel geld vir kanker in
Suné van Rooyen, Sekondêre Skool Jan Möhr, Windhoek
Dit is die klein goedjies wat van die Sekondêre Skool Jan Möhr ’n lekker skool maak.
Die skool het baie gemeenskapsgroepe wat die geleentheid gegee word om ’n projek te beplan waaraan die hele skool kan deelneem.
Shandré Ferris, in graad 11, is ’n lid van Windhoek se junior stadsraad. Sy het ’n geleentheid vir 24 Februarie beplan waartydens Windhoek se junior stadsraad geld ingesamel het ten bate van kinders met kanker.
Hulle het haarsproei gekoop en aangebied om kinders se hare vir net N$5 met helder kleure te spuitverf.
“Dit is ’n jaarlikse gebeurtenis wat Die Stad van Windhoek aanbied,” sê Shandré.
Sy het besluit om die geleentheid Jan Möhr toe te bring omdat sy geglo het die kinders sou daarvan hou.
Shandré sê die geleentheid word elke jaar op 24 Februarie gehou.
Na die geldinsamelimng word die geld aan die Kankervereniging van Namibië (CAN) oorhandig.
Jan Möhr se leuse sê: “Altyd My Beste”, en dié skool se leerlinge is duidelik bereid om hul beste vir hul medemens te gee.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie