Jammer, EES, vieringe gaan voort
Een van Namibië se grootste kulturele uitvoerprodukte het gevra dat ‘n nasionale skoonmaakveldtog eerder as indrukwekkende onafhanklikheidsvieringe gehou word.
Estelle de Bruyn
Die Namibiese vermaaklikheidskunstenaar EES se versoek dat die geld wat vir vanjaar se onafhanklikheidsvieringe opsy gesit is eerder vir ‘n skoonmaakveldtog gebruik moet word, het op dowe ore in regeringsgeledere geval.
EES het die afgelope naweek 'n video in die verband op sosiale media bekend gestel. Dit is binne 30 uur nadat dit gepubliseer is, meer as 100 000 keer gekyk.
In die mediumtermyn-bestedingsraamwerk word N$1 miljoen vir vanjaar se onafhanklikheidsvieringe begroot. Die permanente sekretaris van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Mbeuta Ua-Ndjarakana, het verlede week ‘n kort verklaring uitgereik waarin aangekondig is vanjaar se onafhanklikheidsvieringe sal op Tsumeb plaasvind. Voorbereidings vir die geleentheid het reeds begin.
In sy video praat EES oor hoe onafhanklikwording die afgelope 27 jaar met groot feesvierings, parades en ander spesiale seremonies gepaard gegaan het. Die kwaito-kunstenaar vra pres. Hage Geingob om vanjaar se begroting vir die feesvieringe te gebruik om die land skool te maak en skoon water te voorsien aan diegene wat nie toegang daartoe het nie.
In die video parafraseer EES ‘n aanhaling uit pres. John F. Kennedy se inhuldigingstoespraak. Hy doen ‘n regstreekse beroep op Namibiërs om nie terug te sit en te vra wat die regering vir hulle kan doen nie, maar om eerder te vra en te kyk wat burgers vir Namibië kan doen.
EES moedig ook Namibiërs aan om op Onafhanklikheidsdag, 21 Maart, ‘n beweging te begin wat groepe organiseer vir samewerking om Namibië skoon te maak, behoeftiges te help en bome te plant.
Namibiërs word ook aangemoedig om foto’s en video’s te neem en op Twitter by #itsup2us te publiseer om meer Namibiërs te inspireer.
Die #itsup2us-beweging word in samewerking met Gondwana van stapel gestuur. Rent-a-Drum is ook een van die maatskappye wat die beweging steun. "Ons moet beslis ons wonderlike onafhanklikheid vier en nadink oor die vrede en stabiliteit wat ons geniet, trots wees op Namibië en hulde bring aan diegene wat hul lewe vir ons vryheid en onafhanklikheid gegee het. ‘n Mens kan dit ook doen deur die voorspoed van toekomende geslagte te verseker,” sê EES.
Kort nadat EES se video op sosiale media begin sirkuleer het, het die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, op sy Facebook-blad gesê: “Dit is die moeite werd om kennis van Onafhanklikheidsdag te neem. Die keuse kan gevolglik nie wees om dit met ‘n skoonmaakdag te vervang nie. Dit moet die dag bly waarop ons nadink oor die onmeetlike waardes van vrede, vryheid en geregtigheid. Ruim jou eie gemors daagliks op.”
In ‘n verklaring het die nuwe perssekretaris van Staatshuis, dr. Alfredo Hengari, gesê vanjaar se onafhanklikheidsvieringe word aan republikeinse eenheid gewy.
Met verwysing na EES se video, wys Hengari daarop dat pres. Hage Geingob reeds met die inhuldiging van die Windhoekse munisipale gebou op 9 Oktober 2017 sy kommer oor die toenemende kultuur van rommelstrooiing uitgespreek het.
“Die president het aangekondig dat hy die leiding met ‘n nasionale skoonmaakveldtog sal neem,” het Hengari gesê. Geingob wil sien dat Windhoek weer die skoonste stad in Afrika word.
“Die presidensie deel die opregte kommer oor die kultuur van rommelstrooiing en die besoedeling van ons kosbare omgewing. Namibiërs kan gerus wees dat beraadslagings voortduur om die datum en besonderhede van die skoonmaakveldtog te finaliseer,” het Hengari gesê.
Hy het onderneem dat dit binne die volgende twee weke aangekondig sal word.
“Voorstelle dat ‘n skoonmaakveldtog in die plek van onafhanklikheidsvieringe gehou moet word, is misplaas. Ná ‘n uitgerekte en bitter bevrydingsoorlog, waarin baie hul lewe opgeoffer het, het Namibië op 21 Maart 1990 ‘n onafhanklike republiek geword. Die gees van onafhanklikheidsdag is vir alle Namibiërs om saam te kom, in verskeidenheid te verenig en onafhanklikheid te vier.”
Hengari het ook daarop gewys dat die rotasie van vieringe in al 14 streke van die land eenheid beklemtoon en plaaslike ekonomieë ‘n hupstoot gee. Volgens hom is onafhanklikheidsdae daar om die nasie te bou en solidariteit te verseker. “Die versoeking om dit af te water, is ongevraagd.”
Hengari het ook die versekering gegee dat kostebesparingmaatreëls op alle regeringsuitgawes toegepas word en die koste van die viering binne redelike perke sal wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie