Jamba doen sy eerste Super-samba vir Leeus
Jamba doen sy eerste Super-samba vir Leeus

Jamba doen sy eerste Super-samba vir Leeus

Superrugby
Christo Buchner - Die Leeus het vier veranderinge aan hul rugbyspan gemaak vir Vrydag se Superwedstryd teen die Waratahs in Sydney.

Daar is geen teken van die Springbok Jannie du Plessis in die 23-tal nie, terwyl Jamba Ulenga sy debuut sal maak vir die Leeus as linkervleuel in die plek van Courtnall Skosan.

Daar is ook 'n nuwe haker, Jan-Henning Campher, terwyl Carlu Sadie die plek van Du Plessis as vaskopstut neem.

André Warner is ook terug as skrumskakel, nadat hy in die eerste wedstryd teen die Jaguares in Buenos Aires beseer is.

Hy vervang vir Morné van den Berg, wat in die vorige kragmeting met die Stormers nie die mas opgekom het nie.

Elton Jantjies, wat 'n uithaler-vertoning teen die Kapenaars op Ellispark gelewer het, behou die kapteinskap.

Daar is ook 'n nuwe gesig in Frans van Wyk op die plaasvervangerbank as die vaskopstut.

Ivan van Rooyen, die afrigter, sê hy is tevrede met hoe sy spelers tot dusver geakklimatiseer het in Sydney en dat hulle reeds een of twee goeie oefensessies gehad het.

Hy voel ook hierdie tydperk weg van die kollig in Suid-Afrika sal sy spelers goed doen om 'n eenheid te vorm.

• Leeus: Andries Coetzee, Tyrone Green, Manuel Rass, Dan Kriel, Jamba Ulenga, Elton Jantjies (k), André Warner, Len Massyn, Vincent Tshituka, Marnus Schoeman, Marvin Orie, Ruben Schoeman, Carlu Sadie, Jan-Henning Campher, Dylan Smith. Reserwes: Pieter Jansen, Sti Sithole, Frans van Wyk, Wilhelm van der Sluys, Willem Alberts, Hacjivah Dayi­mani, Morné van den Berg, Wandisile Similane.– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-09-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer