Jake opgewonde oor Bul-lostrio
Rugby
Cobus Claassen – Jy gaan ver soek in wêreldrugby om op provinsiale vlak ’n beter lostrio-kombinasie as Duane Vermeulen, Elrigh Louw en Marcell Coetzee te kry.
Veral as jy boonop vir Marco van Staden op die plaasvervangersbank het, het Jake White, breier van die Bulle, Donderdag verkondig.
Hy kon nie die versoeking weerstaan om Coetzee, ’n Springbok met 30 toetse se ervaring, in die beginspan te kies vir Vrydagaand se stryd in die Reënboogbeker-kompetisie teen die Stormers op Loftus Versfeld nie.
Dié oud-Haai het sedert 2016 met onderskeiding vir Ulster in Ierland uitgedraf en het volkome van ’n bobeenbesering herstel.
White sê hy sien uit na Coetzee se buiging vir die Ligbloues.
“Ek ken hom al lank en het hom by die Haaie afgerig.
“Hy het soveel toekennings gekry by Ulster en kan in enige plek in die lostrio speel.
“Die kombinasie van hom saam met Duane en Elrigh maak my ook opgewonde. Dit is ’n groot voordeel om Marco vir later op die bank te hou.
“Hulle het nog nie saam gespeel in ’n lostrio nie, maar ek is vol vertroue dat hulle almal goed genoeg is om hul rol te verstaan en uit te voer.”
Afgesien van Coetzee, is daar twee ander Springbokke wat ná beserings terugkeer – Ivan van Zyl en Gio Aplon.
Van Zyl begin as skrumskakel, terwyl Aplon een van die plaasvervangers is.
“Dit gee ons selfvertroue om voor so ’n belangrike wedstryd teen die Stormers spelers soos Marcell, Gio en Ivan terug te hê in die span,” sê White.
Soos verwag, is Morné Steyn terug op losskakel in Chris Smith se plek.
White sê hulle verwag die besoekers sal nie afwyk nie van die “formule wat vir hulle werk met hul agttal. Hulle het die vorige keer met ses plaasvervangers hierheen gekom en ek sal nie verras wees as hulle dit weer doen nie.
“Jy moet hulle kan aanvat in die skrums en losgemale, want dit is wat hulle gedug maak.”
Die Bulle begin met die jongelinge Mornay Smith, Johan Grobbelaar en Gerhard Steenekamp in die voorry.
White sê dit is die mees gevestigde kombinasie sedert hy die span begin afrig het.
“Gerhard, Grobbies en Mornay ken mekaar en kombineer goed saam.
“Ons gaan ook op hulle staatmaak as ons vir Trevor en Lizo aan die Springbok-groep afstaan, wat hoogs waarskynlik is.
“Ek glo ook daaraan om spelers te beloon vir goeie vertonings, terwyl ek terselfdertyd toekomsbeplanning doen.”
Gqoboka was tot Woensdag by ’n Springbok-belyningskamp en sukkel met ’n ligte besering.
“Ons was nie seker of Lizo beskikbaar sou wees nie en hy moes in elk geval iewers gerus het,” sê White.
• Bulle: David Kriel, Madosh Tambwe, Marco Jansen van Vuren, Cornal Hendricks, Stravino Jacobs, Morné Steyn, Ivan van Zyl, Duane Vermeulen (k), Elrigh Louw, Marcell Coetzee, Ruan Nortjé, Walt Steenkamp, Mornay Smith, Johan Grobbelaar, Gerhard Steenekamp.
Reserwes: Schalk Erasmus, Jacques van Rooyen, Trevor Nyakane, Janko Swanepoel, Marco van Staden, Zak Burger, Chris Smith, Gio Aplon.
Skeidsregter: Jaco Peyper.
Assistent-skeidsregters: AJ Jacobs, Aimee Barrett-Theron.
TV-skeidsregter: Marius van die Westhuizen.
TV: 19:00 op SS Grandstand (201) en SS Rugby (211).
– Netwerk24
FOTO
Marcell Coetzee maak Vrydagaand op Loftus Versfeld sy Bulle-debuut teen die Stormers. Hier is hy op die einste Loftus vir die Springbokke teen Argentinië in aksie in 2019. Foto Gallo Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie