Jaglegende sterf

Wyle mnr. Volker Grellmann word wyd in jag-, bewarings- en toerismekringe geloof.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg – Die vader van die Namibiese jagbedryf, mnr. Volker Grellmann (77), het Sondagnag in 'n Windhoekse hospitaal gesterf ná hy Saterdag ’n hartaanval gehad het.

Die Namibië Professionele Jagtersvereniging (Napha) het gister hul skok en hartseer oor die heengaan van ’n legende in die Namibiese jag-, bewarings- en toerismebedryf uitgespreek.

“Ons is baie hartseer oor die verlies en besef hy laat ’n reuseleemte, wat op verskeie vlakke gevoel sal word. Volker se liefde en passie vir volgehoue bewaring en die etiese jagbedryf, asook sy passie vir onderrig en om inligting te deel, sal grootliks gemis word,” lui ’n verklaring van Napha.

Grellmann is in 1942 in Duitsland gebore en het sedert 1952 in Namibië gewoon. Ná skool het hy mode- en advertensieontwerp in München in Duitsland gestudeer, “maar sy lewe het op ’n ander safari gegaan”.

Hy is in 1966 met Anke getroud en saam het hulle in 1970 die jagsafarimaatskappy, Anvo (’n samestelling uit hul name Anke en Volker), gestig met bewaring deur selektiewe jag as doel.

Die egpaar het twee seuns, vyf kleinkinders en een agterkleinkind.

Grellmann het Napha in 1974 gestig en was president van die vereniging van 1983 tot 1991 met lewenslange erelidmaatskap.

Lewenslange erelidmaatskap is ook deur Safari Club International (SCI), die Internasionale Professionele Jagtersverening (Ipha) en die Afrika- Professionele Jagtersvereniging (Apha) aan hom toegeken.

Hy was ook ’n stigterslid van onder meer Apha en die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings (Fenata). Ook op toerismefront was hy in 1975 SWA Safaris se besturende direkteur.

In 1974 het Grellmann die Eagle Rock-jagskool (EHRS) gestig en in 2002 die Eagle Rock- Professionele Jagakademie (Erphan). Daar het honderde minderbevoorrgte Namibiese jaggidse en professionele jagters hul opleiding gekry ná ’n leerplan vir ’n jaggidskursus vir die ministerie van die omgewing en toerisme deur Napha ontwikkel is.

Sedert 1996 was Grellmann die eienaar van Etango Ranch en in 2003 die Etango-gasteplaas regoor die Internasionale Lughawe Hosea Kutako.

Toekennings wat Grellmann verwerf het, is onder meer die Uitstaande Internasionale Jagterstoekenning in 1995, 'n erkenningstoekenning van die Internasionale Professionele Jagtersvereniging (Ipha), ’n bewaringstoekenning van Napha in 2005 en in 2006 vir jagluiperdbewaring deur die Cheetah Conservation Foundation (CCF).

Voorts was Grellmann komiteelid en voorsitter van onder meer Napha se etiese komitee (en hy was Napha se ombudsman), die Luiperd- en Grootwildkomitee en Safaricare.

“Hoewel hy sy jaggeweer vir die pen en akademie opgehang het, het hy nie op die werksfront afgeskaal nie. Sy jongste projekte sluit ’n boek oor onder meer die San en sy jagherinneringe in, en die inkomste sal aan die San in Namibië gaan,” sê Napha.

Grellmann het veskeie navorsingsprojekte, soos luiperd- en jagluiperdnavorsing, ondersteun en was betrokke by omgewing- en nasionale toerismestrategieë en -beleide, die opleiding van wildbewaarders vir teenstropingseenhede in kommunale gebiede, asook by inheemse mense se ontwikkeling en menseregte.

“Napha waardeer die Grellmann-familie se jare lange ondersteuning, ook dié van Anke wat grootliks in die agtergrond nie altyd die nodige erkenning geniet het nie.”

Napha spreek hul innige meegevoel en simpatie met Grellmann se geliefdes en familie uit.

“Hy was ’n nederige mens met die geheue van ’n olifant – ’n ware Namibiese jag- en bewaringsikoon.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.22 | EUR to NAD 20.02 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.64 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.54 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1382.9 | USD to ZAR 18.64 | USD to ZMW 27.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 316.12/OZ UP +0.03% | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0133 | Zinc US$ 2 897.80/T DOWN -1.9% | Brent Crude Oil US$ 82.76/BBP DOWN -0.0094 | Platinum US$ 964.84/OZ DOWN -0.014 #N/A