Jag lig sluier oor nuwe baba-4x4
Jaguar het reeds in 2015 bekend gemaak dat hy ’n tweede sportnuts wil bou wat net onder sy F-Pace sal inskuif. Nou het die groep pas ’n lokfoto of twee bekend gestel van hoe die nuwe E-Pace sal lyk wat formeel op 13 Julie onthul word.
Soos jy van die naam kan aflei, wil Jaguar voortaan die Pace-naam vir sy groeiende sportnutsfamilie inspan. Verlede jaar het die groep sy eerste viertrekvoertuig die F-Pace gedoop, en nou sal die kleiner familielid die E-Pace heet.
Die nuweling draf op die Range Rover Evoque se onderstel en sal grootliks in hierdie segment (of dalk ’n bietjie goedkoper en kleiner) meeding. Die F-Pace is reeds ’n kompakte sportnuts, so die nuwe E-Pace behoort eerder op knape soos die Audi Q3, BMW X1 en Mercedes GLA gemik te wees.
Benewens die skramse foto’s was Jaguar ook maar snoep met die tegniese inligting. Ons verwag egter dat die groep sy Ingenium-familie van enjins in die sagte veldryer sal inspan. Dit is die tweeliter-viersilinderenjins wat deesdae in sowel petrol- as dieselaandrywing te kry is. Almal is turbogedrewe.
Dit sal gekoppel word aan ’n outomatiese negegangratkas, terwyl Jag reeds gemeld het dat permanente 4x4-vastrap standaard sal wees. In normale rytoestande sal die meeste krag egter na die agterwiele gaan.
Van die rit gepraat, Jaguar het ook genoem die babasportnuts sal oor die jongste tegnotruuks en geriefsitems beskik. Dink aan hulpmiddels soos ’n selfparkeerfunksie, ’n trukamera, ’n terugdu-funksie sou jy uit jou baan dwaal, en natuurlik die gewone spoed- en volgbeheer, ’n selfstopfunksie in stadsverkeer en ’n satnavstelsel.
Geen foto’s van die binneruim is al beskikbaar nie, maar ons dink die klein E-Pace sal sy ouboet se voorkoms eggo. Dus dieselfde ronde ratknop gemonteer op ’n hoë, sentrale armkonsole, en ’n groot raakskerm wat ál jou nutsfunksies hanteer.
Fyn, blou agtergrondbeligting by die skakelaars en deure sal snags ’n deftige atmosfeer in die binneruim skep, soos jy reeds in ander Jaguars sal vind.
Die E-Pace is perfekte produkbeplanning van Jaguar se kant af. Saam met die F-Pace-middelslagsportnuts gaan die kleiner boet die vetste deel van die mark tref. Sedert die F-Pace ’n jaar gelede op die mark gekom het, het Jaguar se verkope met 44% gespring. Die E-Pace kan dit nóg sterker laat groei.
Die voorkoms is ook nommerpas. Dit eggo heelwat van die F-Pace se lyne, wat hom dadelik as ’n Jag herkenbaar sal maak. Die grootte is kompak, die daklyn daal skerp na agter en die agterruit het ’n akute hoek vorentoe, afgerond met ’n drukvlerk bo. ’n Matige grondvryhoogte, laeprofielbande en relatief klein vensters by die deure sal verder tot die sportiewe voorkoms bydra.
Oorsee praat Jag van ’n koopprys van U$39 000 (N$470 000), wat weliswaar duurder as die GLA en Q3 daar is. Maar as ’n stylvolle kompakte sportnuts behoort hy sy kopers te vind, reken ons.
Die E-Pace sal vroeg volgende jaar markgereed wees in linkerstuurlande, met Suider-Afrika wat straks tot Junie sal moet wag vir ’n plaaslike bekendstelling. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie