Jaers palm medaljes en kontant in

Die 2017-seisoen het vir goeie kompetisie gesorg.
Tielman van Lill
Die 2017 Bank Windhoek Namibiese Enduro-kampioenskapsreeks het onlangs ná sewe byeenkomste en opwindende vertonings tot ’n einde gekom en verskeie nuwe kampioene het na vore getree.

Die Namibiese Enduro-klub het onlangs sy wenners met ’n prysuitdeling op die plaas Elisenheim vereer waar Bank Windhoek opnuut met altesame N$20 000 as prysgeld reggestaan het. Mans sowel as vroue kon vanjaar hul stempel in sewe klasse afdruk wat vir beginners asook die ervare ryers bedoel is.

Die plekke waar die sewe verskillende byeenkomste aangebied was, is Omakwara, Lichtenstein, Otjihase, Abbabis, Uis en Elisenheim waar ’n gemiddeld van 59 motorfiets- asook kwadjaers per byeenkoms tussen die ouderdomme van 9 en 55 hul staal getoon het.

Die nasionale motorfietskampioen in die ope klas is Henner Rusch wat vir die vyfde agtereenvolgende jaar die kroon buit. Sy trofee word deur CBT Racing geborg. Marcel Henle en Corné Visser neem onderskeidelik die tweede en derde plek in.

Die senior nasionale motorfietskampioenskap gaan aan Jörn Greiter wie se trofee deur Leath geborg is. Hy word deur Werner Wiese (tweede) en David Brown (derde) gevolg. Greiter raap ook die trofee as beste motorfietsjaer op omdat hy ses van sy sewe byeenkomste gewen het en dus die meeste kampioenskapspunte gedurende die seisoen behaal het.

Die Namibiese kwadkampioenskap bestaan uit twee klasse, naamlik die mans en vroue. By die vroue het Shannon Rowland die trofee opgeraap wat deur Steel Force geborg is. Rowland het drie van die sewe byeenkomste gewen om haar 2016-kroon suksesvol te verdedig.

Die ope-klas kwadkampioenskap gaan aan J.L. Oppermann wat sy trofee geborg deur Victoria Apteek verower. Gary Rowland eindig tweede, terwyl die groentjie Abner Abner in sy eerste seisoen derde eindig. Oppermann is ook as die algehele beste kwadjaer aangewys.

Trofeë vir die klubmansklas is deur Namibia Lubricants met Fuchs Oil geborg. ’n Totaal van 28 aspirant nasionale jaers het vanjaar aan die afdeling deelgeneem waar Juergen Gladis soos in 2016 met die kampioenskap wegstap. Hy wen drie van die sewe kompetisies en samel 124 kampioenskapspunte in met Wayne Schablinski tweede en die talentvolle dertienjarige Lenny Bagwitz derde.

Die veldfietsafdeling het in 2017 opnuut baie gewild gebly met 35 inskrywings. Die twaalfjarige Keanu Weber-Trianus raap welverdiend die titel op en word as die ryer vereer wat die beste vordering toon. Sy kampioenskapstrofee word deur Kaleidoscope Marketing geborg. Teddy Kausch wen drie renne om tweede te eindig en Jaco Husselmann neem die derde plek in en word as die motorfietsgroentjie van die jaar aangewys.

In die ontwikkelingsklas het tien juniors in 2017 deelgeneem. Premier Insurance Brokers het gesorg dat die jong manne se bekers betaal is. Dylan Hilfiker word as die kampioen aangewys nadat hy vier kompetisies oorheers het en 114 punte verower het. Levin Quinger (tweede) en André Barnard (derde) voltooi die podium.

Die Namibiese Enduroklub wens Marcel Henle die beste toe wat die Enduroklub en Namibië vandeesmaand by die Roof of Africa byeenkoms in Lesotho gaan verteenwoordig. Henle, wat in die Gold-klas gaan jaag, gaan met van die beste ryers in die wêreld te doen kry.

Bank Windhoek is sedert 2011 ’n gewaardeerde borg van die Namibiese nasionale Enduro-kampioenskap. Die Namibiese Enduroklub nooi potensiële borge om sy voorsitter te kontak om die hoofborg vir 2018 te word. Die klub se webtuiste kan by www.namibianenduro.com vir meer inligting besoek word.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%