Jaag laaste wit boere weg, sê Zim-jeugleier
Zanu-PF se jeugleier het pres. Robert Mugabe aangeraai om die laaste oorblywende kommersiële wit boere in Zimbabwe van hul plase te verwyder.
Die leier van die Zanu-PF-jeugliga, Kudzi Chipanga, sê wit kommersiële boere moet na die woonbuurt Borrowdale in Harare geskuif word “waar hulle kan ontspan en gholf speel”.
Volgens New Zimbabwe.com het Chipanga dít Vrydag gedurende 'n byeenkoms in Mutare gesê waar pres. Robert Mugabe ook gepraat het.
Chipanga het gesê die meerderheid van die jeug van Zanu-PF besit nie grond nie ondanks die land se omstrede grondhervormingsprogram.
Duisende wit boere en hul werknemers is verplaas en het nie meer 'n inkomste nie nadat Mugabe se regering in 2000 drastiese grondhervorming geïmplementeer het.
“President (Mugabe), wittes is nie beter nie en jy het eenkeer vir ons gesê 'n goeie wit mens is een wat aan die slaap is,” het Chipanga gesê.
“Dit is tyd dat hulle die plase heeltemal ontruim en êrens 'n plek in die blaarryke voorstad van Borrowdale kry waar hulle kan ontspan en gholf speel terwyl die jeug die geleentheid kry om vir hul eie land te boer.”
Chipanga se uitsprake volg slegs weke nadat Mugabe gedreig het om met nuwe grondmaatreëls te begin wat die laaste wit kommersiële boere in die land teiken.
Mugabe het sowat twee weke gelede vir Zanu-PF-ondersteuners in Marondera gesê die laaste wit kommersiële boere moet van hul plase verwyder word, want die meerderheid van Zimbabwiërs het grond nodig.
“Ons gaan die plase vat en weer aan ons jeug gee, van wie sommige nie voordeel getrek het uit die grondhervormingsprogram nie, maar die grond sal nie genoeg vir almal wees nie. Ons gaan ook die land wegneem van die kleinskaalse kommersiële boere wat nie hul plase vir herverdeling gebruik nie.” - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie