• Tuisblad
  • Sake
  • Jóú Facebook-data waarskynlik ook in gevaar
Ju00f3u00fa Facebook-data waarskynlik ook in gevaar
Ju00f3u00fa Facebook-data waarskynlik ook in gevaar

Jóú Facebook-data waarskynlik ook in gevaar

Facebook het erken dat meer as 2 miljard van sy gebruikers se data kwesbaar vir misbruik is.
Daar is blykbaar geen einde aan Facebook se nagmerrie nie namate die privaatheidskandaal uitkring.

Facebook het Woensdag erken die persoonlike inligting van minstens 87 miljoen gebruikers, meestal Amerikaners, is op ’n onvanpaste manier met die omstrede konsultasiefirma Cambridge Analytica gedeel.

Dié syfer is voorheen op 50 miljoen geskat deur die fluitjieblaser Christopher Wylie wat die skandaal verlede maand oopgevlek het.

Volgens Facebook is minstens 70 miljoen van die betrokke gebruikers van Amerika en meer as ’n miljoen van onderskeidelik die Filippyne, Indonesië en Brittanje. Suid-Afrika verskyn nie op die lys van lande waarvan ’n groot getal gebruikers se data versamel is nie.

Benewens die miljoene gebruikers wie se data regstreeks by die skandaal betrek word, het die maatskappy intussen erken dat die meeste van sy sowat 2 miljard gebruikers se data op een of ander wyse kwesbaar vir misbruik was.

Tydens ’n interne oudit het die maatskappy ontdek dat kwaadwillige karakters ’n funksie op die platform uitgebuit het om gebruikers se telefoonnommers en e-pos-adresse te bekom.

Tot onlangs kon Facebook-gebruikers na vriende soek deur hul e-pos-adres of telefoonnommer in die soekveld in te tik. Die maatskappy het egter agtergekom dié funksie is op groot skaal uitgebuit en “gegewe die skaal en gesofistikeerde aard hiervan, glo ons die meeste mense op Facebook se openbare profiel is op dié manier ‘gemelk’.”

Die maatskappy wou egter nie sê wie hieragter sit en met hoeveel data hulle vort is nie, berig Bloomberg.

Die funksie is intussen verwyder saam met ’n rits ander veranderinge aan die platform.

Sekuriteit opgeskerp

In ’n lang inskrywing op sy korporatiewe blog het Mike Schroepfer, Facebook se hoof- tegniese beampte, verduidelik watter veranderinge onmiddellik aangebring word.

Daar is byvoorbeeld besluit dat derdepartyapps nie meer sal kan sien wie jy na geleenthede nooi of wat julle op die geleentheid se muur vir mekaar sê nie.

Facebook het ook die manier verander hoe derde partye toegang verkry tot sy API, oftewel sy application programming interface. Dit is die platform waarop Facebook-gebruikers se inligting en toegang tot hul profiele en blaaie, met ander gedeel word.

Enige instansie wat toegang tot Facebook se API wil verkry, sal nou daarvoor aansoek moet doen. Dit sluit platforms soos Buffer en Hootsuite in wat plasings namens persone en instansies kan maak op hul Facebook-blaaie.

Enige onregmatige toegang tot Instagram word ook gestuit. Dié platform se API gaan nie meer aan derde partye verklap wie jy volg of wie jou volg nie. Hulle sal ook nie meer kan sien van watter foto’s jy gehou het nie.

Daarbenewens het Facebook ook beloof om van nou af net “basiese inligting” oor Android-gebruikers se SMS’e en oproepe te versamel. Die maatskappy word reeds hof toe gesleep oor dié omstrede kwessie, hoewel hy volhou hy versamel nie inligting oor die inhoud van oproepe en SMS’e nie.

Facebook gaan dié rekords wat ouer as ’n jaar is uitwis en voortaan nie meer inligting soos die tye van oproepe versamel nie.

Van 9 April af sal gebruikers ook ’n skakel boaan hul nuusstroom sien na al die apps wat toegang tot hul inligting het. Die skakel sal ook aandui of jy ’n slagoffer van die Cambridge Analytica-skandaal was.

Die soeke na liefde ook in gedrang

Met dié dat Facebook die privaatheidstrop al hoe stywer trek, word talle gewilde apps wat van gebruikers se inligting afhanklik is, ook gewurg.

Nadat die sosiale netwerk Woensdag begin het om derde partye se toegang tot sy API in te perk, het Tinder-gebruikers met ’n skok besef hulle kan nie toegang kry nie.

Jy moet ’n Facebook-rekening hê om toegang tot Tinder te kry.

Maar wanneer gebruikers op Tinder wou inteken, is hulle na Facebook verwys waar hulle toestemming moes gee dat hul inligting gedeel mag word. Weens ’n gogga in die stelsel, het dié toestemming nie geslaag nie.

Die probleem is darem ná ’n paar uur opgelos, het Tinder op Twitter bevestig. Dit is nie duidelik watter tipe ooreenkoms die maatskappy met Facebook aangegaan het nie aangesien alle derde partye voortaan individueel moet aansoek doen om toegang tot Facebook se API te verkry.

Die pad vorentoe

Mark Zuckerberg, Facebook se hoof, het verlede week tydens ’n seldsame verskyning op ’n mediakonferensie gesê die maatskappy kon meer gedoen het om gebruikers se data te beskerm.

Volgens Zuckerberg het die maatskappy voorheen bloot aanvaar dis gebruikers se verantwoordelikheid om self Facebook se verstellings te gebruik om hul privaatheid te beskerm.

Hy erken dié siening was verkeerd.

“Gegewe wat ons vandag weet, dink ek ons verstaan dat ons ’n breër siening van ons verantwoordelikheid moet hê.

“Ons verskaf nie net die verstellings nie, maar moet ook volle verantwoordelikheid neem vir die uitkoms van hoe mense die verstellings gebruik.”

Zuckerberg beplan nie om in die lig van die skandaal te bedank nie, berig Mashable. Hy het Maandag voor die Amerikaanse kongres verskyn. - Netwerk24/Bronne: BBC, Mashable, The Verge, Facebook-blog, Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%