ITF-toernooi: Brons vir Connor en George
Tennis
Andrew Poolman - Die hardnekkige vertoning van die onder 16-seuns was die hoogtepunt vir Namibië as gasheerland by die afgelope ITF Suider-Afrika tennistoernooi vir o.14's en o.16's by die Sentraal-bane in Windhoek.
Na verneem word, is dit die eerste keer dat al 12 lidlande van die Suider-Afrika-streek spanne by dié toernooi gehad het.
Op die laaste speeldag Dinsdag het Connor van Schalkwyk en George Louw vir Namibië die bronsmedalje in die o.16-seuns spankompetisie verseker, met Brandon van der Merwe die derde spanlid.
Van Schalkwyk en Louw het in 'n taai bronsfinaal net-net teen Zimbabwe die oorhand gekry. Alles het van die dubbelspelwedstryd afgehang nadat Van Schalkwyk met 6-4, 7-5 teen Michael Happy gewen het, terwyl Louw sy enkelspelkragmeting teen Ethan Sibanda verloor
het.
In die dubbelspel het die twee Namibiërs ná die eerste stel met 6-3 die voortou geneem. Zimbabwe het egter met 7-5 sake gelykop gemaak.
In 'n baie spannende valbylpot het die Namibiërs drie wedstrydpunte afgeweer om die telling 9-9 te maak en het daarna die uitslag met 11-9 beklink.
Van Schalkwyk en Louw het vroeër tweede in hul groep geëindig ná hul enigste nederlaag teen Madagaskar. Dit het hulle in die semifinaal teen Suid-Afrika geplaas, waar Connor Kruger en Carl Roothman egter met 2-0 geseëvier het deur beide enkelspelwedstryde te wen.
Van Schalkwyk was laas week in die enkelspel ook die voorste Namibiër toe hy die bronsposisie behaal het.
• Ten spyte van oorwinnings hier en daar het die twee Namibiese o.14-spanne en die o.16-meisies hulle in sterker opposisie vasgeloop en kon nie vir die uitklopfase kwalifiseer nie.
Die topposisies in die spankompetisies is soos volg behaal:
Meisies onder 14: 1 Suid-Afrika, 2 Madagaskar, 3 Zimbabwe, 4 Namibië.
Seuns onder 14: 1 Zimbabwe, 2 Botswana, 3 Suid-Afrika, 4 Madagaskar, 9 Namibië.
Meisies onder 16: 1 Madagaskar, 2 Suid-Afrika, 3 Zimbabwe, 6 Namibië.
Seuns onder 16: 1 Suid-Afrika, 2 Madagaskar, 3 Namibië.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie