Italianers spog met twee SA wapens teen Bokke
Rugby
Stephen Nell
Deur die jare heen was verskeie van die Suid-Afrikaners wat vir Italië rugby gespeel het bra middelmatig, maar in Dries van Schalkwyk het die Azzurri ''n skaflike speler beet vir Saterdag se rugbytoets teen die Springbokke in Florence.
So meen Johann van Graan, die Bokke se lynstaanafrigter, wat Van Schalkwyk destyds by die Blou Bulle afgerig het. Van Schalkwyk speel sedert 2012 vir Zebre in Italië en draf vandeesweek as nr. 5-slot op.
“Ek het met Dries gewerk toe ek by die Blou Bulle afgerig het. Ons het hom raakgesien toe hy destyds vir die Boland-Kavaliers gespeel het,” het Van Graan dié week gesê.
“Dries is ''n baie talentvolle speler. Hy het by die Bulle in albei slotposisies én in elke plek in die lostrio gespeel. Hy verstaan lynstaanspel en hardloop goeie lyne. Hy''s ''n goeie vriend en ''n fantastiese speler.”
Nóg ''n goeie vriend van Suid-Afrikaanse rugby, Brendan Venter, is ook vandeesweek in die Italiaanse kamp as verdedigingskonsultant. Dis genoeg om ''n man senuagtig te maak, gegewe Venter se vertoningslys as afrigter en kennis van Suid-Afrikaanse rugby.
“Daar is groot agting vir Brendan en hy is vertroud met rugby in die Noordelike Halfrond. Hy en Allister (die Bok-afrigter, Allister Coetzee) is baie goeie vriende. Ons sal maar net op ons eie sake moet fokus,” sê Van Graan.
Hy verwag die Bokke sal met ''n konserwatiewe Italiaanse span te doen kry.
“Dit sal baie anders wees as teen Engeland. Italië speel nie so baie met die bal nie. Hulle sool die bal veld-af en probeer om jou in jou halfgebied vas te pen,” sê Van Graan.
“Italië het ook ''n baie goeie skrumpak van waar hulle strafskoppe probeer afdwing en duik jou om die bene. Verlede naweek is daar meer vir ons bolywe gemik.”
Die veteraan-agtsteman Sergio Parisse, wat ''n doring in die vlees is van elke teenstander, voer Italië weer Saterdag aan.
“Parisse is ''n legendariese speler, een van die bestes ter wêreld. Hy kan spesiale dinge doen,” maan Van Graan.
Hy put vertroue uit die Bokke se “baie goeie” spel in die vaste fasette teen die Engelse.
“Ons skrumvertoning teen die Engelse was ons beste die afgelope vyf jaar. Ons lynstaan is ook ''n groot wapen wat ons dié naweek weer sal gebruik,” sê Van Graan.
“Ons het ses geleenthede om punte aan te teken deur ons vaste fasette geskep en hiervan vier keer punte aangeteken. Ons streef na 100%.”
Italië se span is:
Edoardo Padovani, Giulio Bisegni, Tommaso Benvenuti, Luke McLean, Giovanbattista Venditti, Carlo Canna, Giorgio Bronzini, Sergio Parisse (k), Simone Favaro, Francesco Minto, Andries van Schalkwyk, Marco Fuser, Lorenzo Cittadini, Ornel Gega, Sami Panico.
Plaasvervangers moet nog aangewys word. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie