Israel verwyder metaalverklikkers
Israel het gister metaalverklikkers van ‘n heilige plek in Jerusalem verwyder nadat die installering daarvan tot dodelike geweldpleging gelei het.
Die stap deur Israel om metaalverklikkers van die Haram al-Sjarif moskee-kompleks te verwyder, kom midde intensiewe internasionale diplomasie wat probeer om ‘n einde aan die dispuut oor die plek te maak.
Dit is onder Jode as Tempelberg bekend.
Die regering sê meer subtiele maatreëls sal ingestel word om die kompleks te beveilig, wat die Al-Aqsa-moskee en die Koepel van die Rots insluit, ná ‘n dodelike aanval in ‘n nabygeleë gebied op Israeliese polisie waarin twee dood is.
‘n Span werkers het die metaalverklikkers en kameras wat aan oorhoofse brûe aangebring is, in die vroeë oggendure verwyder.
Dosyne Israeliese veiligheidspersoneel het buite die ingang wag gestaan, waar Moslems vir dae uit protes teen die metaalverklikkers aanbid het.
Waqf, die organisasie wat die kompleks administrateer, sê in ‘n verklaring die Al-Aqsa-moskee sal gesluit bly totdat ‘n tegniese komitee ondersoek ingestel het en seker gemaak is omstandighede is dieselfde as voor 14 Julie, toe die metaalverklikkers aangebring is.
Die kompleks is in die ooste van Jerusalem geleë, wat deur Israel in die Sesdaagse Oorlog in 1967 geannekseer is, ‘n stap wat nooit deur die internasionale gemeenskap erken is nie.
Dit is deur Moslems as die derde heiligste plek vir Islam beskou. Vir Jode is dit hul heiligste plek. – Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie