Is ons dom, blind of wederstrewig?
Is ons dom, blind of wederstrewig?

Is ons dom, blind of wederstrewig?

Mandy Rittmann
DIRK VAN ZYL SKRYF:

Daar spoel so ’n défaitisme oor my verstand as ek sien hoe die mense wat as geloofwaardig beskou word, en geplaas is as korifeë vir ander, geld steel en korrupsie pleeg.

Dis asof die mense blind word, of hulle koppe haak uit as hulle geld sien. Geld is stom en kan nie praat nie. Die geld sê nie: “Steel my” nie. Kan hulle wat as intelligent geklassifiseer word, en deur ander as betroubaar gesien word, nie stry teen die versoekings nie?

Ons sien dat Jesus na die eenvoudige mense toe gegaan het; hulle wat nie in aansien was by ander mense nie. Watter kwalifikasies het die apostels gehad? Dis gewoonlik die arm mense wat nader aan God lewe, want die rykes vertrou op hulle geld.

(Tog weet ons nie wie ryk is nie, want as jy met dié praat wat jy dink ryk is, dan kla hulle oor die lewenskostes wat so hoog is en dat hulle sukkel om ’n bestaan te maak.)

God gaan nie na die rykes en die hoë geboue toe nie. Hy verwys ons na die kind en die mier.

STATUS EN RYKDOM

Ons mense is so andersom. Ons soek mense met aansien en status. Wees verseker, as jy iemand vind met status is dit aan daardie persoon toegeken deur mense. God gee nie aansien en status aan vlees nie - ons is net instrumente wat God wil gebruik om sy begeertes oor te dra. God gee net liefde, genade en vertroosting.

Soms is ons domonnosel en die geldgod het ons verblind. Ons lewe nie meer volgens die orde en insettinge van God nie. Ons maak ons eie wette en leef daarvolgens.

Die mense soek meer en meer die leiding van mense, en wyk af van hulle morele waardes. Hoe verder ons van die water wyk, hoe dorser sal ons word, en die afstand tussen ons en die fontein word groter.

Of ons dit wil weet of nie, ons sal moet ontwaak uit ons sinnelose drome wat ons laat glo dat ons sal presteer op ons eie. Ons kennis van mense is beroerd, want die mens is wispelturig. Ons kies mense om ons te lei, wat ons deur woorde oordonder het, want ons kyk na die mens, soos ’n mens, en sien nie binne-in die verstand nie. Ons besluit self wie is goed of swak.

Kyk hoe lyk ons regering, kyk hoe lyk baie van ons volksgenote. Kyk na dié wat gekose is, en aangestel is om ons te beskerm. Kyk hoe lyk ons. Ondersoek ons onsself?

Hoe ver is ons van God se leiding af? Wanneer was ek laas by die kerk? Vermaan ons mekaar, of sê ons ook: “Laat Gods water oor Gods akker vloei." Bid ons vir die regering?

Ek skryf hierdie dinge vir die verstand van dié wat steeds aan God se leiding glo. Die wat besef dat ons nie sonder Hom kan leef nie en niks kan vir ons gegee word as dit nie van God kom nie.

DIE DDT KERK

Behoort ons aan die DDT kerk? DDT was ’n gif wat vroeër gebruik was. Mense wat aan hierdie kerk behoort, is hulle wat die kerk net besoek as daar doop, dood en troue is.

Ons sien mos wat gebeur. Die regering pleit by die kerke om te bid aangaande sake wat baie erg is. Verkragtings, babas wat weggegooi word, moord, drank- en dwelmverslawing.

Waarom gebeur daar nie veel nie? Ons moet die eerste tree gee tot God. Ons moet ons wil vergeet en ons deel doen.

MET WORTEL EN TAK

As daar ’n plaag is wat vernietiging veroorsaak, word dit uitgeroei, wortel en tak. Die oorsprong en oorsaak van die verwoesting moet uitgewis word.

Ons weet wat die uitvloeisels van die alkohol is, maar die regering wat vra dat oor die saak gebid word, wil nie hulle wil afstaan nie. Drank moet bly, want hulle sien net die geld wat daardeur inrol.

So lê ons soldate by die duisende in basisse. Hulle kan help om die voertuie by grensposte, die bootjies op riviere en skole, kroeë, en hawens te deursoek om die dwelms uit die land te hou. Hulle sal seker sê dat dit nie hulle werk is nie, maar dit val steeds onder beskerming.

As die hele wêreld sien en praat oor die optredes van die taxibrigade, dag vir dag, en dit word net erger, dan word verwag dat die regering moet ingryp. Doen hulle regtig wat hulle kan doen, of sê hulle ook: “Die mense is besig om brood op die tafel te sit.”

Babas word steeds weggegooi; minderjarige dogters word steeds swanger. Hulle weet die wet is oortree, want die dogter is nie swanger getoor nie, maar hulle doen niks, want iemand moet eers ’n saak open. Dit klink nie vir my of hulle die plaag wil uitwis nie, of is die wet net daar vir die skyn?

Prostitusie is ’n euwel, dis volgens die Skrifte nie reg nie, maar ons word deur die goedpraters daarvan laat verstaan dat dit die oudste beroep is. Van die dogtertjies sien hoe vinnig die tannies geld verdien met hierdie werk, en wag net tot hulle oor veertien is, want kinders onder veertien mag nie werk nie, en dis 'n loopbaan waarvoor jy nie skoolkwalifikasies benodig nie.

Diefstal is aan die orde van die dag. Daar word gesê dit is nie ’n skande om te steel nie, maar dis ’n skande as jy gevang word.

Ek besef terdeë dat sommige mense nie hierdie brief sal lees nie. Hulle sal net lees tot hulle by die name God, Jesus of Skifte kom, dan blaai hulle weg. God het ’n bysaak geword.

Ek skryf vir dié wat steeds besef dat ons nie sonder die leiding van God kan lewe nie.

Waarom vra die regering dat gebid moet word, as hulle weet dat hulle nie die oorsaak van die probleme sal uitroei nie, want die geld wat instroom, maak hulle blind vir die waarheid.

Dis hard om teen die prikkels te skop.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%