Is Leandie nuwe aanbieder van ‘Boer soek ’n vrou’?
Die gewilde werklikheidsreeks Boer soek ’n vrou kry eersdaags ’n nuwe aanbieder nadat die sangeres Leah die program verlede week gegroet het.
In sosiale media word daar nou gegis oor wie Leah gaan opvolg en een naam staan uit – dié van die aktrise en sakevrou Leandie du Randt.
Du Randt is veral bekend om haar onderskeie rolle in die Afrikaanse sepie Binnelanders en TV-reeks Getroud met rugby. Sy is ook te sien in die Afrikaanse fliek Jagveld en bied die TV-program Slank aan.
“Leandie sal uitstekend wees!” meen een kyker op Facebook. “Ek stem, sy is pragtig,” sê ’n ander. “Leandie du Randt baie goeie voorstel! Sy’s nommerpas!” stem ander kykers saam.
Leah was vir twee reekse die aanbieder van dié program op kykNET en voor haar was dit die model en TV-aanbieder Minki van der Westhuizen. Ander aanbieders van die program sluit die aktrises Nadia Beukes, Angelique Gerber en Elma Postma in.
“Ek stem Leandie, of as Minki of die rooikoppie (Gerber) bereid is om terug te kom,” sê nog ’n aanhanger.
Du Randt het nog geen woord op sosiale media gerep oor die program en die moontlikheid dat sy die aanbieder sal word nie, terwyl ander bekendes openlik geskimp het dat hulle die pos wil hê.
Een van dié wat gesê het sy wil graag die nuwe aanbieder word, is Katinka Oosthuizen, oftewel Katinka die Kat. Sy is ’n Instagram-influencer en was ’n deelnemer aan die sesde reeks van Survivor South Africa.
Sy skryf op Instagram: “Hahaha, imagine ek was die volgende Boer soek ’n vrou-aanbieder, haha. Maar regtig nou. Asseblief.” Sy gebruik ook die hutswoord #skimpskimp.
Talle kykers op Facebook stem saam dat sy ’n goeie aanbieder sal maak, terwyl ander voel “haar stem is te skril”. Nog iemand wat sê hy wil graag die pos hê, is die komediant Schalk Bezuidenhout.
Hy het sy eie Boer soek ’n vrou-advertensie gemaak en daarop geskryf: “Kies my, Schalk Bezuidenhout, as julle volgende Boer soek ’n vrou-aanbieder.” Hy het die hutswoord #kiesboerschalk grappenderwys onderaan gebruik.
Bezuidenhout se plasing het ’n reusereaksie ontketen en honderde mense het gesê dat hulle hom ondersteun, terwyl honderde ander gekla het dat hy nie reg is vir die program nie.
“Ek stem Schalk Bezuidenhout sal Boer soek ’n vrou laat kook, net soos Die kliek,”sê een kyker.
“Schalk is ’n grapjas en soms kontroversieel. Dis glad nie die prentjie wat met Boer soek ’n vrou saamwerk nie,” sê ’n ander.
“Schalk is ’n ongelooflike TV-persoonlikheid. As julle laasjaar ’n gay boer gehad het, hoekom nie vanjaar ’n manlike aanbieder nie? Schalk het my stem.”
Van die ander gunstelinge onder kykers is die aktrise Simoné Nortmann, wat ook in Binnelanders te sien is. “Definitief Simoné, ek stem 100% vir haar!” sê een kyker. Nog iemand waarvan baie kykers hou, is die radio- en TV-aanbieder Elana Afrika-Bredenkamp. Ook Vanes-Mari du Toit (Proudfoot), TV-aanbieder van die kykNET-program Hoor my, sien my, soen my, is ’n gunsteling onder kykers.
“Ek stem vir Lisa met die rooi hare!” sê een kyker.
Lisa van Rooyen het onlangs bekendheid verwerf vir haar video’s ná afloop van Boer soek ’n vrou-episodes waar sy kommentaar lewer en grappe maak.
“Sy is amazing maar nie ’n Boer soek ’n vrou-aanbieder nie,” sê ’n ander. “Sy’s snaaks, sarkasties en bitsig – ons sal al daardie dele van haar persoonlikheid verloor as sy dit sou aanbied.”
Ook die sangeresse Demi Lee Moore en Karlien van Jaarsveld was onder dié wat kykers uitgelig het as aanbieders wat hulle graag sou wou sien. Daar is ook gerugte dat die 7de Laan-aktrise Vinette Ebrahim die program gaan aanbied, maar min kykers was hiervoor te vinde.
Volgens kykNET sal kykers binne die volgende maand uitvind wie régtig die nuwe aanbieder is. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie