Is dit Drikus teen Konny, of nie?

Volgens inligting het etlike ryers van Brittanje reeds uit die Nedbank Desert Dash onttrek en deelnemers van elders in Europa kan dieselfde paadjie volg.
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Nagenoeg 1 083 fietsryers is veronderstel om volgende Vrydag vir die Nedbank Desert Dash-ultrabergfietsmarathon oor 393 kilometer vanaf Windhoek na Swakopmund te vertrek.

Maar of die getalle (soos op 22 November 2021) dieselfde gaan wees, is en bly 'n raaisel met die Omicron-variant in die ronde. Volgens inligting het etlike ryers van Brittanje reeds onttrek en deelnemers van elders in Europa kan dieselfde paadjie volg.

Ryers van ongeveer 13 lande se wegspringplekke is reeds vir die moordende uitdaging gereserveer. Behalwe die gasheer, word Botswana, Brittanje, Duitsland, Frankryk, Italië, Kanada, Nederland, Portugal, Rusland, Serbië, Suid-Afrika, Swede en die Verenigde State van Amerika (VSA) verteenwoordig.

Hoeveel van die 260 mans- en 25 vroue-soloryers (12 nasionaliteite) by die Grove-inkopiesentrum gaan wegspring, is ’n raaisel. Hardebaarde soos Drikus Coetzee, Tristan de Lange, Kai Pritzen (almal Namibiërs), Marc Pritzen (Suid-Afrika) en Konny Looser (verdedigende kampioen van Swede) is van die topsoloryers.

Die paralimpiese fietsryer, Daniel Abraham (36) van Nederland, is ook in die hoofstad om aan die Dash deel te neem. Abraham, oorspronklik van Eritrea, het vanjaar ’n goue medalje by die Paralimpiese Spele in Tokio, Japan, gewen.

Abraham is die gas van Mannie Heymans van Mannie’s Bike Mecca wat hom vir die Dash laat kom het. Heymans sê Abraham het Sondag ’n noue ontkoming gehad. Heymans het aan die koerant gesê: “Hy was drie dae in die land toe hy Sondag gaan fietsry het. Hy het ontwater en is eers vyf ure later ontdek en gehelp. Hy is nou terug by die huis by my en sterk aan om weer vir die Dash te oefen.”

Die formidabele Coetzee het vroeër in 2021 ’n 243 kilometer-bergfietstoer vanaf Windhoek na Solitaire teen 32 kilometer per uur in 7 ure 33 minute kaf gedraf. Dit is wel 150 km korter as die Dash, maar Coetzee het gewys hy kan Looser waarde vir sy geld gee. Hy was in 2018 tweede (14:56:57) in die solo-afdeling.

Coetzee het aan Republikein gesê: “Die Dash gaan vanjaar ’n rowwe een wees. Die toptienryers is almal ouens wat baie, baie sterk is. So dit gaan die sterkste solomansveld in die geskiedenis van die Dash wees.

“Die kompetisie gaan tot die laaste meter straf wees. Ons weet nog nie wat die weer vir ons inhou nie, maar hierdie Dash gaan definitief een vir die boeke wees.”

Looser het die kompetisie vanaf 2015 reeds ses keer na mekaar gewen. Van 2015 tot 2017 was die afstand 369 km. Van 2019 tot 2020 het dit na 373 km verander. Vanjaar trap die ryers ’n ekstra 20 km via die Khomas Hochland en die Namib tot in Swakopmund.

So het Looser sy merk gemaak. 2015 (15:03:20), 2016 (14:37:45), 2017 (13:55:29), 2018 (14:22:51), 2019 (14:42:02), 2020 (14:45:21).

Ander inskrywings

Tweeryerspanne

Vroue 10, mans 93, gemeng 26.

Vierryerspanne

Vroue 8, mans 95, gemeng 32.

HOKKIE

Die Internasionale Hokkiefederasie (Fédération Internationale de Hockey) het gister per e-pos aan Republikein bevestig sy 2022 Binnenshuise-wêreldkampioenskap vir mans en vroue Februariemaand in Liège, België, sal voortgaan soos beplan.

Namibië se mans is tans 16de op die wêreldranglys, die enigste Afrikaland ná Suid-Afrika in die 11de posisie in die top-20. Botswana (25) en Zimbabwe (28) kon nie vir die Wêreldbeker kwalifiseer nie. Die vroue (9de) is tans die nommer een land in Afrika gevolg deur Suid-Afrika (14), Botswana (33) en Zimbabwe (37).

Namibië se mans sal van 2 Februarie in groep B teen België (8ste op wêreldranglys), Duitsland (2), Iran (3), Nederland (7) en die VSA (18) kragte meet. Die vroue sal terselfdertyd ook in groep B teen Belarus (3), België (15), Nederland (2), Oostenryk (8) en Suid-Afrika (14) opgeweeg word. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Empoli | Monza 0 vs 1 Frosinone | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City F1: Emilia Romagna GP First:Max Verstappen Red Bull 01:25:25 Second:Lando Norris McLaren + 00:00:00.725 Third:Charles Leclerc Ferrari + 00:00:07.916 Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Empoli | Monza 0 vs 1 Frosinone | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City F1: Emilia Romagna GP First:Max Verstappen Red Bull 01:25:25 Second:Lando Norris McLaren + 00:00:00.725 Third:Charles Leclerc Ferrari + 00:00:07.916 Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%