IPPR probeer lig op lisensies werp

Beter inligting, minder korrupsie

12 December 2016 | Plaaslik
Catherine Sasman - Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) het ‘n webwerf ontwerp om tendense, besonderhede en verbindinge in die toekenning van petroleum-eksplorasielisensies (PEL’s) te karteer.

Dit het egter in ‘n reusetaak ontaard as gevolg van ondeursigtige regeringstrukture wat toekenning en eienaarskap van PEL’s in geheimhouding hul en sodoende die hele proses blootstel aan korrupsie, het die direkteur van die IPPR, mnr. Graham Hopwood, Vrydag op Internasionale Teenkorrupsiedag opgemerk.

Tans is daar 42 aflandige en aanlandige PEL’s toegeken. Altesaam is daar 74 internasionale en plaaslike maatskappye betrokke.

Die IPPR het opgemerk dat hierdie toekennings selde aangekondig word en is onderworpe aan die diskresie van die minister van myne en energie wat moontlik deur top-amptenare geadviseer word.

Inligting oor PEL’s is tans beskikbaar in hardekopieë van die lisensieregister in die ministerie van myne en energie. Om die register te bestudeer, moet ‘n fooi van N$300 betaal word. Om ‘n kopie van ‘n lisensie na te gaan, kos N$150 per lisensie. As jy nie kan betaal nie, moet jy notas per hand maak.

Die handelsregister het nie kopieë in digitale vorm beskikbaar nie. ‘n Navorser van die IPPR het opgemerk dat so veel as 50% van die PEL-houers nie by die handelsregister geregistreer is nie en baie van die dokumente daar is nie op datum nie of het verdwyn.

Die beperkinge van die Namibiese handelsregister is dat internasionale maatskappye wat aandele in die PEL’s het, nie gedek word as hulle nie ‘n plaaslike filiaal gevorm het nie.

Ander bronne wat die IPPR moes naslaan, is webwerwe van die maatskappye en nuusverklarings, koerantberigte en aankondigings van die effektebeurs.

Hopwood het opgemerk dat toegang tot inligting in baie gevalle afhang van die diskresie van staatsamptenare.

WEBWERF

Die IPPR se webwerf Transparent Oil Namibia (http://namibia.transparentoil.org/) bied nou die publiek die geleentheid om die inligting na te gaan wat wel oor PEL’s beskikbaar is.

Die webwerf verskaf inligting oor lisensiehouers, wie die maatskappye besit en bestuur, waar dit geregistreer is, en hoe eienaarskap met die verloop van tyd verander het.

“Deur beter toegang tot hierdie inligting sal dit makliker wees om moontlike korrupsie raak te sien en om voorspraak te maak vir beleidsveranderinge,” het Hopwood gesê.

Soortgelyk

 

Venaani gaan Tsvangirai se begrafnis bywoon

1 dag gelede | Afrika

Die leier van die Popular Democratic Movement (PDM) gaan die begrafnis van die ontslape Zimbabwiese opposisieleier, mnr. Morgan Tsvangirai van die Movement for Democratic Change...

Geingob wens Ramaphosa geluk

1 dag gelede | Politiek

Pres. Hage Geingob het sy nuwe Suid-Afrikaanse eweknie, mnr. Cyril Ramaphosa, geluk gewens met sy inhuldiging as dié land sy vyfde demokratiese president.Hy sê in...

Nampol ontplooi helikopter in Noorde

1 dag gelede |

Die Namibiese Polisie het ’n helikopter na die Oshanastreek in die Noorde van die land ontplooi om misdaad in agt streke te bekamp. Die...

Waterkrisis woed op Rundu

2 dae gelede | Plaaslik

Maria Eiseb'n Voortslepende waternood heers die afgelope week op Rundu en het sommige inwoners sonder 'n druppel water in hul krane gelaat.Drie woonbuurte, Ndama, Safari...

Nuwe daeraad vir SA

2 dae gelede | Politiek

Politieke redaksie - Pres. Jacob Zuma se bedanking kort voor middernag Woensdag het 'n einde gebring aan 'n stormagtige nege jaar in Suid-Afrika se post-apartheidgeskiedenis.Die...

Wending kom in Ava-moordsaak

2 dae gelede | Howe

Denver KistingDie prokureur van die jong vrou, me. Zenobia Seas, wat haar tweejarige dogtertjie, Ava Owoses, na bewering in 2016 wreed vermoor het, gaan eers­daags...

Beskerm ietermagôs

2 dae gelede | Omgewing

Sedert 21 Julie 2017 tot 31 Januarie vanjaar is 77 mense in Namibië in hegtenis geneem vir handel in ietermagôs, en is 19 lewendige diere...

Weer vir 16 Februarie 2018

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Mooiweer en baie warm tot bloedig warm in die Suide en Noordweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm tot bloedig warm...

Kalender 16 Feb

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang » Sluit aan by Sunya Beukes, ook bekend as Krayzee Sue, se uitstalling SUE-Realism wat tans by die Franko Namibiese Kultuursentrum...