iPhone 8 bars glo oop
Dit lyk asof Apple dalk dringend ondersoek sal moet instel na sy nuwe iPhone 8 Plus-slimfoon se battery.
Techspot.com berig eienaars van dié foon in Asië het foto's op sosiale media geplaas wat wys dat die foon “oopgebars” het.
Party mense sê glo die dop het begin oopbars terwyl hulle die battery gelaai het. Ander sê die foon was reeds gebars toe hulle dit uit die verpakking gehaal het.
Dit is nog nie bekend hoeveel van die fone dit gedoen het nie, maar twee eienaars het reeds foto's van hul oopgebarste fone gepubliseer.
The Independent berig Apple is bekommerd genoeg daaroor om in 'n verklaring te sê hy vermoed dit is die battery wat dit veroorsaak.
Apple sê egter daar is geen rede tot kommer dat dit gevaarlik kan wees as dit gebeur nie.
Die iPhone 8 is glo reeds nie die beste verkoper nie, met baie mense wat vir die iPhone X wag wat in November beskikbaar sal wees.
Apple het verlede week ook bevestig dat hy klagtes ontvang het dat daar 'n statiese geluid is wanneer die iPhone 8 gebruik word.
Hy werk glo daaraan om dié probleem op te los.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie